Weg! Wilde Plekke

ONS KENNER

- ESMA MARNEWICK

“Daar is min plekke waar jy vir ’n paar nagte teen ’n relatief bekostigba­re prys in die veld tussen die Groot Vyf kan slaap. Trouens, ek en my man, Tobie, het ’n oorsese vakansie vir ons tienjaarhu­weliksherd­enking verruil vir die kans om een van die skofte van The Kruger Trail te stap! Hierdie epiese staproete van 650 km strek oor die lengte van die park, van Pafuri in die noorde tot by Malelane in die suide en word in ses skofte oor ’n tydperk van drie jaar gestap – elke skof is sowat 100 km oor 6 dae.

“Ná ’n paar dae in die veld is dit asof iets diep in ’n mens se DNS inskop

– jy voel tuís. En rustig in die wete dat al wat ’n mens eintlik nodig het, is dit wat jy saam met jou kan dra. Elke dag kry ’n ritme. Vroegoggen­d maak die gekwetter van fisante en groenvlekd­uifies jou wakker. Bedags stap jy langs droë rivierlope oor koppies en grasvlakte­s. Twee gidse stap saam met jou en jy leer watter voël die dapperste is (mikstertby­vreter), hoe oud hardekoolb­ome kan word (duisende jare) en dat verskeie dieretropp­e ’n wyfie as leier het (olifante, wildehonde, gevlekte hiënas)... As julle gelukkig is, gewaar julle ’n renosterwy­fie met ’n kalf of spring ’n luiperd voor jou uit ’n boom!

“Sodra die son begin sak, sluit die Afrikaanse naguil se 'good-Lord-deliverus' gevolg deur ’n skopsuil se 'kruup... kruup' die dae af.

“En op daardie laaste oggend wil jy eerder aanhou stap as huis toe gaan – gelukkig het jy die volgende skof om na uit te sien!”

Meer inligting: thekrugert­rail.com. Die skoftarief vir 2022 is R57 500 vir ’n groep van 8 stappers. Die jaarlikse veiling vir ’n plek op die staproete word in Oktober 2022 gehou.

 ?? ?? THE KRUGER TRAIL
THE KRUGER TRAIL
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa