Weg! Wilde Plekke

PANORAMARO­ETE

-

Die meeste besienswaa­rdighede op hierdie toerismero­ete in die hooglande van Mpumalanga is in en rondom die Blyderivie­rcanyon-natuurrese­rvaat. Hier is van die hoogtepunt­e in die gebied:

Die Graskop Gorge Lift Company ( 066 305 1572; graskopgor­gelift company.co.za) is net buite Graskop op die R533 na Hazyview. Hier kan jy met ’n glashysbak sowat 51 m in die Graskop-ravyn afdaal en ’n 600 m lange sirkelroet­e deur ’n afromontan­e-woud stap. R225 p.p., R145 per kind 4-16 jaar. Bykomende bewaringst­arief R50 p.p.; R25 per kind. Jy kan ook oor die ravyn gly op ’n 120 m lange foefieslaa­id (R250 p.p.) of die Big Swing (R550 p.p.) aandurf.

Van Graskop af volg jy die R532 al langs die Drakensber­gse platorand. Draai af op die R534-luspad om die Pinnacle-rots (toegangsta­rief: R25 p.p.; R20 per kind), die God’s Window-uitkykpunt met ’n uitsig oor die Laeveld (toegangsta­rief:

R20 p.p.; R15 per kind) en Wonder View (gratis), die hoogste uitkykpunt in die gebied, te sien.

Keer terug na die R532 en kyk vir bordjies na die Lisbon-waterval (sien kassie langsaan) en die Berlyn-waterval sowat 2 km verder – dis ’n kort entjie se stap van die parkeerter­rein na die uitkykpunt by laasgenoem­de waterval. Toegangsta­rief : R16 p.p.

Die samevloeii­ng van die Treur- en Blyderivie­r is sowat 35 km noord van Graskop. Die malende waters het oor die eeue die klip hier weggevreet en die Bourke’s Luck-kolkgate (R65 p.p.; R25 per kind) gevorm.

Die Blyderivie­r vloei hier in een van die mooiste canyons in die land in. Sandsteenk­ranse toring hoog bo die rivierbedd­ing uit. Trek af by die Laevelduit­kykpunt (gratis) vir ’n uitsig oor die canyon en die Blyderivie­rpoortdam. Mariepskop verrys in die ooste. Die Drie Rondawels-uitkykpunt (R35 p.p.; R20 per kind) is sowat 4,6 km verder.

Sluit jou avontuur af met ’n bootvaart (90 minute) op die Blyderivie­rpoortdam – jy kan die Kadishi-waterval, wilde diere en die Drie Rondawels sien. R260 p.p.; R150 per kind 2-12 jaar. Bewaringst­arief: R35 p.p. R20 per kind 6-12 jaar.

Bespreek by die Blyde Canyon Adventure Centre: 015 795 5961;

blydecanyo­n.co.za

Hier is baie verblyfops­ies in die gebied. As jy graag wil kamp, bly by een van die twee Forever Resorts naby die Blyderivie­rpoortdam.

Blyde Canyon 086 122 6966; foreverbly­decanyon.co.za

Swadini 015 795 5141; foreverswa­dini.co.za

 ?? ?? BOURKE’S LUCK-KOLKGATE
BOURKE’S LUCK-KOLKGATE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa