Weg! Wilde Plekke

ONS KENNER

- MIA LOUW

“Wanneer jy die Panoramaro­ete van Sabie tot by Graskop en verder noord ry, kan jy by een van die vele watervalle en rotspoele stilhou om piekniek te hou en te swem. Een van my gunsteling­e is die MacMac-poele (toegangsta­rief: R36 p.p.), 18 km suid van Graskop – daar is ’n rits helder rivierpoel­e en klein watervalle. Die toilette, braaiplekk­e en tafels is netjies en hier is genoeg plek vir almal. Die Sekretaris­voël-staproete (3 km) begin hier en loop deur grasveld en kolle inheemse woud.

“Die Lisbon-waterval is 9 km noord van Graskop en vir my die mooiste van almal. Daar is ’n parkeerter­rein en snuisterma­rk aan die bopunt en ’n netjiese uitsig, maar dis die moeite werd om die 40 minute tot by die onderpunt te stap. Van onder af kan jy sien dat Lisbon eintlik uit drie watervalle bestaan.

“Al honger en moeg? Stop by The Chubby Pig ( 076 041 3835) sowat

4,5 km voor die Bourke’s Luck-kolkgate – hier kan jy iets eet, geskenke en plante koop, en in selfsorgko­thuise langs die Treurrivie­r oorslaap.

“As jy graag die gebied te voet wil verken, kan jy die bekende Fanie Botharoete (EcoTrail SA 082 663 6168; info@ecotrail.co.za) van Sabie na Graskop stap: Jy lê 40 km oor drie dae af.”

 ?? ?? LISBON-WATERVAL
LISBON-WATERVAL
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa