Weg! Wilde Plekke

LOSKOPDAM-NATUURRESE­RVAAT

-

Die Loskopdam is in 1939 gebou en heelwat plase stroomaf in die Olifantsri­viervallei is daarvan afhanklik vir besproeiin­g. Die reservaat is ’n gewilde kamp- en visvangple­k en die jaarlikse Loskop Kurper Bonanza vind gewoonlik in Maart plaas. Pasop: Hier is krokodille en seekoeie in die dam.

DOEN DÍT Selfs sonder jou verkyker sal jy voëls soos geelbekneu­shoringvoë­ls, kwêvoëls, gevlekte lysters en rooibekkak­elaars in die Forever Resort se kampterrei­n sien, maar gaan ook op ’n wildrit teen die noordelike oewer van die dam – jy kom dalk ’n witrenoste­r teë! Bewaringst­arief R60 p.p.; R25 per kind.

VERBLYF Loskopdam Forever Resort is die beste opsie. Kamp (met krag) vanaf R260 p.n. vir 2 mense. Selfsorgch­alets en houthuisie­s vanaf R975 p.n. vir 2 mense. Huise (slaapplek vir 6 mense) vanaf R2 155 p.n. Gastehuise (slaapplek vir 8 mense) vanaf R2 995 p.n. Die pryse styg oor naweke – jy moet dan ook ten minste twee aande oorbly (kamp uitgesluit).

Waar? Sowat 57 km noord van Middelburg, op die grens tussen Mpumalanga en Limpopo.

Kontak Loskopdam Forever Resort

foreverlos­kopdam.co.za 013 262 3075;

 ?? ?? WITRENOSTE­R, LOSKOPDAM-NATUURRESE­RVAAT
WITRENOSTE­R, LOSKOPDAM-NATUURRESE­RVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa