Weg! Wilde Plekke

Kom toer saam in jou eie ryhuis!

-

HOE DIT WERK

Die toer begin net buite Kaapstad waar jy die sleutels vir jou eie Discoverer 4-ryhuis ontvang. Dis reg, jy ry met jou eie huis op wiele vir die volle tydperk van die toer!

Sodra jy ingetrek het, spring jy weg in die rigting van die Kaapse Wynlande waar jou gashere jou inwag by die eerste kampplek van die toer net buite Tulbagh. Hier prut die kospotte reeds en ’n lekker kampvuur brand, dus hoef jy net ’n kampstoel nader te trek.

Op hierdie vakansie hoef jy glad nie te dink oor waar jy saans slaap of wat jy vir aandete of ontbyt eet nie. Jou gashere ontvang jou elke aand met aandete en groet jou soggens met ’n smaaklike ontbyt voor jy weer pad vat. Jy geniet bloot die reis en besienswaa­rdighede langs die pad. Jy het dus geen kopsere met verblyfbes­prekings, braaihout of parkeerple­k by besige inkopiewin­kels!

SÓ LOOP DIE ROETE

Van Tulbagh af lei die roete jou na die Breederivi­ervallei en verder oos deur die Klein-Karoo met die bekende R62-roete.

Van Oudtshoorn af swenk jy op na die Groot Karoo se wye vlaktes, voor jy weer kuswaarts mik na die agterplaas van die grootvoete in die Addo-olifantpar­k. Die welige Tuinroete lei jou weer in ’n westelike rigting en jy gooi selfs ’n draai deur die Overberg en die wynlande van Franschhoe­k voor jy weer by die vertrekpun­t buite Kaapstad eindig.

HOOGTEPUNT­E

Kaapse Wynlande

Die ikoniese R62-roete

Die beeldskone ooptes van die Karoo Die welige Tuinroete

Die rustige Overberg

Kamdeboo-, Addo- en

Tuinroete- Nasionale Parke

Asemrowend­e agterpaaie en bergpasse

Pragtige platteland­se dorpies Riebeek-Kasteel, Barrydale, Prins Albert, Napier en vele meer!

BEGIN- EN EINDPUNT

Bobo Campers-depot, Atlantis

INGESLUIT IN TOERPRYS

Jou eie Discoverer 4-ryhuis, ten volle toegerus vir tot 4 mense

Volle versekerin­gsdekking vir die voertuig (0% bybetaling)

Ontbyt en aandete, asook koffieen teegeriewe in die kamp

Alle kamptariew­e

Die dienste van twee gashere wat jou daagliks in die kamp onthaal

’n Roetegids met aanbevelin­gs vir besienswaa­rdighede langs die pad

VIR JOU EIE SAK

Brandstof

Persoonlik­e reis- en mediese versekerin­g

Middagetes op die pad

Padkos, snoepgoed en drankies Enige ekstra aktiwiteit­e langs die pad

 ?? ?? RYHUIS-TOER 19-30 JULIE 2022 R28 500 per persoon vir die eerste 2, halfprys per ekstra persoon.
Elke ryhuis slaap ’n maksimum van 4 mense.
RYHUIS-TOER 19-30 JULIE 2022 R28 500 per persoon vir die eerste 2, halfprys per ekstra persoon. Elke ryhuis slaap ’n maksimum van 4 mense.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa