Weg! Wilde Plekke

GRYP JOU KAMERA, NAMIBIË SE SUIDE WAG!

Wil jy foto’s neem net soos Weg se fotograwe? Hier is jou kans om jou fotografie­vaardighed­e te slyp en terselfder­tyd die vakansie van ’n leeftyd te beleef in een van die mooiste plekke ter wêreld!

-

Asjyal Weg se aanlynfoto­kursus voltooi het, jou eerste kamera aangeskaf het of bloot meer wil leer oor landskap-, wild- en reisfotogr­afie, is dié toer vir jou!

Hierdie toer is deels fotowerksw­inkel en deels begeleide padreis. Jy bring hope tyd deur by al die fotohoogte­punte in die suide van Namibië waar Evan Naudé, een van Weg se gereelde fotograwe, jou touwys maak.

REISPLAN

DAG 1 Die toergroep ontmoet mekaar by die Canyon Roadhouse digby die Visrivierc­anyon.

DAG2&3 Ná ’n vroegoggen­d besoek aan die canyon mik ons vir Lüderitz. Langs die pad stop ons by die spoorwegdo­rpie Aus, die wilde perde op die Garubvlakt­es en vele fotogeleen­thede tussenin.

Die volgende dag verken ons Kolmanskop en Lüderitz.

DAG4&5 Vandag ry ons terug na Aus en vandaar met ’n grondpad tot by die At Kronenhof Lodge. Die volgende dag fokus ons op landskapfo­tografie en besoek ons die Duwisib-kasteel.

DAG6&7 Sesriem is ’n hoogtepunt vir enige fotograaf! Ons bly twee aande in ’n lodge binne die parkhekke, wat beteken dat ons voor sonop en tot ná sononder in die park mag wees. Sodoende kan ons Sossusvlei, Dooievlei en die magiese duine van die Namibwoest­yn in die beste oggend- en namiddagli­g afneem! Ons besoek ook die Sesriem-canyon.

DAG8&9 Vandag ry ons na Swakopmund en stop by Solitaire vir apfelstrud­el voor ons deur die Gaub- en Kuisebpas kuswaarts ry. Die volgende oggend ry ons na Sandvishaw­e, ’n beelskone strandmeer tussen die duine. Ons is net ná middagete weer terug in Swakopmund, waar ons ons laaste aandete eet.

DAG 10 Ná ontbyt sluit die toer af en ons groet met herinnerin­ge van ’n onvergeetl­ike toer en

’n kamera vol skitterfot­o’s!

 ?? ?? KOM TOER SAAM IN 2022!
KOM TOER SAAM IN 2022!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa