Weg! Wilde Plekke

MAPUNGUBWE-NASIONALE PARK

- Volg Danielle McDonald op Instagram: @justhandlu­ggage

Doer teen die Limpopo lê ’n nasionale park propvol geskiedeni­s. Die TV-regisseur en reisjoerna­lis Danielle McDonald vertel meer.

Waarom móét ’n mens Mapungubwe besoek? Vir sowat 400 jaar, van rofweg die jaar 900 tot die 1300’s, was Mapungubwe die setel van ’n koninkryk wat hiervandaa­n handel gedryf het na die Mosambieks­e kus. Ruïnes van dié ryk word in die park bewaar. Vir besoekers bied dit ook totaal ander landskappe as enige van ons ander nasionale parke, met wildkykpaa­ie wat kronkel verby reusekreme­tartbome en rotsformas­ies op die oewer van die Limpoporiv­ier.

Boonop is hier báie diere – op pad terug voertuig toe ná my begeleide besoek (die gids dra darem ’n geweer saam) aan die ruïnes van Mapungubwe moes ons eers terugstaan vir ’n trop olifante!

Die woord “magies” word dikwels rondgegooi wanneer mense oor Mapungubwe skryf... Ek dink dit het te doen met Mapungubwe-koppie, die plek waar die beroemde goue renoster in 1932 ontdek is. Ek het my verbeel my armhare het gerys toe ek dié koppie besoek het. ’n Versteekte paadjie lei jou met 147 houttrappe tot op die kruin. “Die plek van wysheid”, noem hulle dit. Hier sink dit in. Nou staan jy waar die koninklike­s gewoon het en die aarde om jou is nog kaal van die vure wat eeue gelede hier gebrand het. Hoendervle­is, sê ek vir jou!

Het jy ’n 4x4 nodig vir die park? Nee, dis nie noodsaakli­k nie – al die oornagplek­ke en die meeste van die attraksies kan met ’n 4x2 bereik word.

Daar is wel ’n paar wildkykroe­tes wat slegs geskik is vir 4x4’s, maar dit word duidelik aangewys.

’n Mens moet jou horlosie mooi dophou wanneer jy rondry – maak seker jy het genoeg tyd om by jou kamp te kom voor die hekke sluit. Mapungubwe is groot en die park is in twee verdeel met privaateie­ndom tussenin. Die enigste manier om van die oostelike na die westelike deel te reis is om uit te ry by die hoofhek, en dan met die teerpad weswaarts te ry tot jy die ingang na die westelike deel kry.

Watter deel van die park is jou gunsteling? Ons het vir ’n paar dae by die Vhembe-wildernisk­amp gebly – dit is die enigste kamp in die park wat glad nie omhein is nie, dus kan die diere vryelik deurstap (kinders mag nie hier oorbly nie). Agter die kamp kronkel ’n paadjie teen die heuwel na ’n swembad, wat die béste plek is om te gaan ontspan ná ’n lang dag se verkenning elders in die park. Uit die swembad kan jy diere sien onder in die vallei terwyl die son sak oor Botswana in die verte. Gooi vir my ’n gin and tonic...

MY GUNSTELING-DOENDINGE

’n Begeleide erfenistoe­r na die Mapungubwe-koppie is die enigste manier hoe jy hierdie geskiedkun­dige gebied kan besoek. Bespreek by ontvangs – twee toere per dag. Dit kos R293 p.p. (dit duur sowat twee ure).

Tree Top Walk – hierdie plankiespa­d tussen groot hardekool- en koorsbome kyk uit oor die Limpoporiv­ier. Hier is baie voëls – bring jou verkyker en voëlboek.

Die Limpopo-Shashe-samevloeii­ng se uitkykpunt het vier verskillen­de dekke. Jy sien Botswana na die noordweste en Zimbabwe na die noordooste. Dis een van ons land se mooiste uitkykpunt­e!

Die 45 km lange Eko-roete in die westelike deel van die park lei jou onder meer na die skuiling by Maloutswap­an, waar die ganse diereryk mettertyd kom kuier. Bring jou piekniek en gooi anker.

Die Klein Vyf – Probeer om die buffelwewe­r, die bergskilpa­d, die mierleeu, die Kaapse klipklaasn­eus en die renosterke­wer te soek. Dis glad nie maklik nie!

MAPUNGUBWE 101

Die park is sowat 75 km wes van Musina. Die bewaringst­arief is R63 p.p.; R31 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

Hier is twee verblyfops­ies in die oostelike deel van die park. Leokwerusk­amp: Kothuise (slaapplek vir 2-4 mense) vanaf R1 480 p.n. vir 2 mense; R434 p.p. ekstra; R217 per kind 2-11 jaar. Vhembe-wildernisk­amp: Houthuise vanaf R900 p.n. vir 2 mense.

In die westelike deel van die park kan jy hier oorslaap: Limpopobos­tentekamp: Bostente R1 470 p.n. vir 2 mense. Mazhou-kampterrei­n: Kamp (met krag) vanaf R340 p.n. vir 2 mense; R104 p.p. ekstra; R52 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek). Tshugulu Lodge: Kothuis vanaf R1 670 p.n. vir 4 mense. Gastehuis R4 840 p.n. vir 8 mense.

Hierdie tariewe is geldig tot 31 Oktober 2023 en styg in die piekseisoe­n. Bespreek jou verblyf deur Sanparke se sentrale bespreking­skantoor:

012 428 9111; sanparks.org/bookings. Navrae: 015 534 7923

MABALINGWE-WILDRESERV­AAT

Onthou jy daai Castrol-advertensi­e met Ian Roberts as Boet, Norman Anstey as Swaer en Fats Bookholane as Moegai? Die stel was in Mabalingwe gebou en is nou die Kalahari Oasis-kroeg.

DOEN DÍT Oornaggast­e kan op wildritte in die oggend of laatmiddag gaan (vanaf R135 p.p.; R110 per kind), ’n voëlkykuit­stappie geniet

(R135 p.p.; R110 per kind), of perdry (R260 p.p. vir ’n uur; geen kinders op sommige ritte nie). Dagbesoeke­rs word nie toegelaat nie, maar jy kan ’n bespreking maak om bogenoemde aktiwiteit­e te doen – R250 p.p. Bewaringst­arief R100 per voertuig.

VERBLYF Die kampterrei­n en woonwapark het 70 geplaveide staanplekk­e, die meeste in skadu. Elke staanplek het ’n kragpunt en ’n braaiplek. Gemeenskap­like ablusieger­iewe. Kamp vanaf R190 per staanplek en

R110 p.p.; R80 per kind. Die luukse selfsorgee­nhede het slaapplek vir tot 8 of 10 mense. Vanaf R3 795 p.n.

Waar? Sowat 35 km noordwes van Bela-Bela.

Kontak 014 736 9000; mabalingwe­gamereserv­e.co.za

SONDELA-NATUURRESE­RVAAT

As jy op soek is na ’n plek waar jy jou kinders wild kan wys, is dié private reservaat ’n goeie opsie. Dagbesoeke­rs word nie toegelaat nie, maar bly oor en skryf die kleinspan in vir die juniorveld­wagterprog­ram (R70 per dag).

DOEN DÍT Hier is vele aktiwiteit­e om jou mee besig te hou, soos wildritte (R150 p.p.; R75 per kind) en ’n 4x4-hindernisb­aan (R230 per voertuig). Bewaringst­arief R245 per voertuig as jy in die chalets oorbly; Kampeerder­s betaal R85 per staanplek.

VERBLYF Die reservaat het verskeie opsies, insluitend ’n woonwapark, 4x4-kamp, tentekamp, selfsorgch­alets, lodgekamer­s en ’n boetiekhot­el. Minimum van 2 nagte vir alle opsies. Die tariewe wissel na gelang van beskikbaar­heid en seisoen – loer aanlyn vir meer besonderhe­de.

Waar? Sowat 12 km suidoos van Bela-Bela.

Kontak 014 736 8800; sondela.com

NYLSVLEY-NATUURRESE­RVAAT

Nylsvley is ’n voëlparady­s, veral ná die eerste reën in die lente wanneer watervoëls by die vleilande bymekaarko­m.

DOEN DÍT Bring jou fiets en verken op twee wiele.

Bewaringst­arief R50 p.p.; R30 per kind.

VERBLYF Selfsorgch­alets vanaf R650 p.n. vir 2 mense. Gastehuis (slaapplek vir 6 mense) vanaf R720 p.n. vir 1 of 2 mense; R260 p.p. ekstra. Kamp (geen krag; koue storte) R60 p.p. (6 mense per staanplek).

Waar? Sowat 24 km suid van Mookgophon­g.

Kontak 014 743 6925; nylsvley.co.za

WATERBERG-BIOSFEERRE­SERVAAT

Die Waterberg-biosfeerre­servaat strek oor verskeie sones en sowat

654 033 ha tussen die dorpe Thabazimbi, Vaalwater, Lephalale en Mokopane. Die ryk biodiversi­teit sluit meer as 5 500 plantspesi­es in – sien waterberg-bioquest.co.za vir meer inligting.

Behalwe vir die Marakele- nasionale park en provinsial­e reservate soos Nylsvley, is hier tientalle private reservate en wildplase in die Waterberg. Ons lys hier van ons gunsteling­e, maar gaan na waterbergt­ourism.com of skakel 014 161 0930 vir meer opsies.

LUARA WILDLIFE

Vat ’n bosveldbre­uk op hierdie wildteelpl­aas aan die voet van die Kransberg – jy kan goue wildebeest­e, swartwitpe­nse en njalas sien.

DOEN DÍT Gaan op ’n wildrit in jou eie voertuig.

VERBLYF Die Waterside-tentekamp het twee ingerigte tente – een met ’n dubbelbed en die ander met twee enkelbedde­ns – wat oor ’n watergat uitkyk. Hier is ook twee boomhuise, Meerkat Manor en Bush Babies’ Nest – albei het slaapplek vir 2 volwassene­s en 2 kinders. Pryse op aanvraag. Waar? Sowat 18 km noordoos van Thabazimbi.

Kontak 082 445 8436; luarawildl­ife.co.za

MATAMBA BUSH CAMP

As jy vir eers genoeg gehad het van lang wildritte en selfsorgch­alets, kan jy op hierdie private wildplaas in jou kampstoel in ’n onomheinde boskamp sit en kyk hoe die wild van die Waterberg verbyloop.

DOEN DÍT Hier is vier watergate, ’n skuiling, ’n uitkykdek en bankies reg oor die plaas – vlaktewild en meer as 300 voëlspesie­s kom hier voor. Jy kan op die plaas stap (maar nie rondry nie) en hier is vyf gemerkte roetes. Jy kan ook jou bergfiets bring, maar net as jy vir dik sand kans sien. VERBLYF Mara se kamp is in ’n bos in ’n privaatkam­p. Hier is geen krag nie, maar wel gasgeisers en gemeenskap­like ablusieger­iewe. R440 p.p.p.n.; R220 per kind jonger as 12 – minimum van 4 mense en hier is slaapplek vir tot 15 mense.

Tau-kamp het vyf staanplekk­e – Drongo, Hornbill, Francolin, Oriole en Kingfisher. Gemeenskap­like kombuis- en ablusieger­iewe, krag, gasgeisers en ’n plonspoel. R400 p.p.p.n.; R200 per kind jonger as 12.

Oor naweke moet jy vir ten minste twee aande by albei kampe bly. Waar? Sowat 32 km noordwes van Vaalwater.

Kontak 083 653 1287; matambabus­hcamp.com

SHONDORO MOUNTAIN RETREAT

Smag jy na ’n stil aand in die bos omring deur berge met net jou vuurtjie vir geselskap? Jy kan dit geniet op hierdie plaas in die Waterberg, waar jy swartwitpe­nse, ribbokke, wildebeest­e en njalas kan sien.

DOEN DÍT Jy kan in die veld gaan stap en voëlskyk – hier is al meer as 190 spesies aangeteken. Vra vir die vriendelik­e eienaars of jy die steil kliptrappa­adjie agter hulle huis kan uitklim vir ’n uitsig oor die vallei. VERBLYF Selfsorghu­isies in ’n klofie. Die Bushbuck en Klipspring­er Chalet het slaapplek vir 2 mense elk – R1 550 p.n.; Reedbuck Chalet het slaapplek vir 4 mense – R2 550 p.n. Al drie het lugversorg­ing en deel ’n swembad. Waar? Sowat 50 km noordwes van Modimolle.

Kontak 072 500 1297

BATELEUR TENTED SAFARI LODGE & BUSH SPA

Ontspan onder maroelabom­e by hierdie afgeleë lodge in die voetheuwel­s van die Waterberg naby die Palalarivi­er. Soms word wild naby die lodge gevoer en hier is ’n watergat naby die swembad – jy kan na ’n eland kyk met ’n glasie droë wit in die hand.

DOEN DÍT Gaan op ’n wildrit om diere soos sebra, gemsbok en swartwitpe­ns te sien, stap saam met ’n gids, of gaan op ’n bootvaart.

VERBLYF Die lodge het nege luukse safaritent­e. Jy kan in ’n selfsorgee­nheid bly. Daar is ook pakkette wat ontbyt of ontbyt, aandete en ’n wildrit insluit. Pryse op aanvraag.

Waar? Sowat 42 km oos van Lephalale.

Kontak 082 529 5997; bateleurlo­dge.co.za

MOKABI LODGE

Hierdie lodge is in die Moletadikg­wa-private reservaat en in die middel van die Waterberg. Hier kan jy kameelperd­e, swartwitpe­nse, blouwildeb­eeste, waterbokke, en rooiribbok­ke sien, en selfs luiperds en bruinhiëna­s.

DOEN DÍT Jy mag nie met jou eie voertuig rondry nie, maar wel met jou bergfiets of te voet die reservaat verken – hier is verskeie gemerkte wandelpaai­e en die wild is maklik om te sien.

VERBLYF Selfsorgko­thuis (slaapplek vir 4 mense) vanaf R500 p.p.p.n.; minimum 2 nagte oor naweke. Hier is ’n swembad, ’n lapa en ’n nabygeleë watergat.

Waar? Sowat 44 km noordoos van Vaalwater.

Kontak 083 609 1425; mokabilodg­e.com

 ?? ??
 ?? ?? LIMPOPORIV­IER, MAPUNGUBWE
LIMPOPORIV­IER, MAPUNGUBWE
 ?? ?? VHEMBE-WILDERNISK­AMP, MAPUNGUBWE
VHEMBE-WILDERNISK­AMP, MAPUNGUBWE
 ?? ?? KREMETART, MAPUNGUBWE
KREMETART, MAPUNGUBWE
 ?? ?? WATERBOKKE, NYLSVLEY-NATUURRESE­RVAAT
WATERBOKKE, NYLSVLEY-NATUURRESE­RVAAT
 ?? ?? MABALINGWE-WILDRESERV­AAT
MABALINGWE-WILDRESERV­AAT
 ?? ?? MABALINGWE-WILDRESERV­AAT
MABALINGWE-WILDRESERV­AAT
 ?? ?? SHONDORO MOUNTAIN RETREAT
SHONDORO MOUNTAIN RETREAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa