MEN­SE SE LENSE

Weg! - - Vlaggie - DEUR TO­AST COET­ZER

To­ast be­spreek hier­die maand le­sers­fo­to’s wat op ’n Weg- fo­to­toer deur Botswa­na ge­neem is

KA­RIN LATEGAN

Ca­non 7D Mk. II Sig­ma 150-600 mm-lens

TO­AST SÊ: In Sui­der-A­fri­ka is min die­re mooi­er as die koe­doe.

Dis ’n groot bok wat daar­van hou om ver­to­ne­rig teen die land­skap uit te staan – an­ders as iets soos ’n ka­me­ras­ku dui­ker of grys­bok wat vin­nig in die bos­se weg­duik.

Op ’n Weg- fo­to­toer deur Botswa­na kry jy ’n paar keer kans om die­re­fo­to’s te neem.

Die toer ein­dig in die C­ho­be­na­si­o­na­le park, waar jy see­koeie, buf­fels en o­li­fan­te kan af­neem. Maar vóór dit nog, wan­neer die toer deur Na­mi­bië se Zam­be­sistreek swenk, kry jy kans om ver­al bok­soor­te soos koe­doe, le­chwe, bas­ter­gems­bok en swart­wit­pens in die Ma­han­go­wild re­ser­vaat af te neem.

Dít is waar Ka­rin hier­die fo­to ge­neem het. Die lig was ’n bie­tjie van ’n ta­me­le­tjie, want die koe­doe staan in die ska­du­wee van ’n boom.

Maar daar was se­ker ’n paar wol­ke voor die son, want die kon­tras tus­sen die ska­du­kol en die oop­tes in die ag­ter­grond is nie so groot nie.

Die fo­to werk om­dat die koe­doe­bul se ho­rings dui­de­lik ge­sien kan word. Die pro­fiel is ook sterk, met die bok wat kant toe kyk. Pro­beer al­tyd oog­kon­tak be­hou: As die koe­doe met sy bou­de na jou ge­staan én weg­ge­kyk het na die oop gras­vlak­te op hier­die fo­to, dan sou dit nie goed ge­werk het nie. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.