PIET T­HERON

Weg! - - V & A -

van Graaff-Rei­net skryf: Ek het dié kie­per­sol­boom te­ë­ge­kom op ’n wild­plaas in die om­ge­wing waar daar vir ’n ge­rui­me tyd geen wild was nie, be­hal­we bob­be­ja­ne en klein die­re soos by­voor­beeld yster­var­ke en meer­kat­te. Ek kon geen spo­re rond­om die boom vind nie, be­hal­we taam­lik hoog op een van die tak­ke het die bob­be­jaan sy a­dres ge­laat. Kon dit die bob­be­ja­ne wees wat die bas so ge­stroop het? Die plant­ken­ner PROF. BRAAM VAN WYK ant­woord: Dis moei­lik om vir se­ker te kan sê son­der om die boom van na­der te on­der­soek. My eer­ste ge­dag­te is dat dit men­se is. Ver­skeie de­le van die kie­per­sol ( Cus­so­nia spi­ca­ta) word in tra­di­si­o­ne­le me­di­sy­ne ge­bruik. Bas wat op groot skaal deur ‘n mens ver­wy­der is toon óf kap­mer­ke van ’n byl of pan­ga op die ont­bas­te stam, óf daar is geen mer­ke nie. Een van die tra­di­si­o­ne­le ma­nie­re om bas te ver­wy­der is om dit met ’n gro­te­ri­ge klip te stamp. As die boom in daar­die sta­di­um ak­tief groei, kom die bas mak­lik af son­der dat op­val­len­de kap­mer­ke ag­ter­bly.

Kon dit ’n dier ge­wees het? Yster­var­ke rin­ge­leer soms bo­me, maar dan meest­al in ’n re­la­tie­we smal strook net bo grond­vlak. Dit moet ’n dier wees wat ge­mak­lik in die boom kon klim, en yster­var­ke is nie juis daar­voor be­kend dat hul­le in bo­me rond­klou­ter nie.

As daar op­merk­li­ke tand­mer­ke op die ont­bas­te stam is, moet die dier groot en skerp tan­de ge­had het. Dit pas bob­be­ja­ne en klip­das­sies, wat al­bei soms bas vreet. Ek het al in de­le van die Bos­veld bo­me (maar nie kie­per­sol­le nie) ge­sien wat deur das­sies ont­bas is, baie soos op die fo­to. Wat die­re be­tref, is die das­sie in hier­die sta­di­um ver­dag­te nom­mer een, met die bob­be­jaan nom­mer twee!

As ’n dier die bas ge­vreet het, dan lê daar ge­woon­lik baie van die bas­stuk­kies steeds on­der die boom. Das­sies (en ek ver­moed bob­be­ja­ne ook) be­nut se­lek­tief die heel bin­ne­ste le­wen­de laag van die bas wat di­rek teen die hout lê; die bui­ten­ste dooie de­le word ag­ter­ge­laat. Op die oog af lyk dit nie of daar stuk­kies op die grond rond­lê nie, wat my weer laat dink dit was men­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.