T­HEO MOSTERT

Weg! - - Vooraf Briewe -

van Good­wood skryf: Ek het dié ke­wer af­ge­neem tus­sen’ n klomp aan­ge­plan­te wil­de­vy­e­bo­me in die Pie­ke­niers kloof pas na­by Citrus­dal. Die bo­me is dui­de­lik hul­le gas­heer – die hout was vol ga­te. Ek ry ge­reeld daar­langs en het dié bok­tor­re nog nooit te­ë­ge­kom nie. Kan Dun­can be­ves­tig of hul­le in­heems is en of hul­le saam met vy­e­bo­me die land in­ge­kom het.

Die in­sek­ken­ner DUN­CAN MACFADYEN ant­woord: Die bok­tor ( Cer­op­le­sis ca­pen­sis) is in­heems en be­hoort tot die Ce­ram­by­ci­dae- fa­mi­lie – die En­gel­se naam is “Ca­pe Pon­do-pon­do long­horn beet­le”. Dis ’n groot ke­wer; die vol­was­se ke­wer kan tot 37 mm lank word. Bok­tor­re lê hul­le ei­ers in sple­te in hout en sny met hul­le reu­se­bo­k­a­ke deur ver­rot­te hout. Die lar­we boor in rooi­bos­tee­bos­se in en het ook ’n im­pak op swart­wat­tel- en boon­tjie­bo­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.