Lucky Nd­lo­vu

Die veld­wag­ter-ser­sant Lucky Nd­lo­vu het on­langs ’n Tusk-toe­ken­ning vir be­wa­ring ge­kry vir sy werk teen re­nos­ter­stro­ping in die Kru­ger­wild­tuin. Prins William van B­rit­tan­je is die be­skerm­heer van dié toe­ken­nings, wat van­jaar die eer­ste keer in A­fri­ka ge­hou

Weg! - - Vooraf Kortliks -

Van waar die lief­de vir die bui­te­le­we? Ek is in Suid-A­fri­ka ge­bo­re, maar het in Mo­sam­biek groot­ge­word, na­by die dor­pie Ma­pu­lan­gue­ne. Ek was vee­wag­ter vir my fa­mi­lie se bees­te in die bos. Ek het my eie hon­de ge­had, vir be­sker­ming en om die bees­te aan te keer. Ons het van die veld ge­leef – ge­boer en ge­jag.

My ou­pa en pa was al­bei veld­wag­ters en van­dat ek 10 jaar oud was, het ek ook in die park groot­ge­word. Daai dae was die re­ëls nie so streng nie en ek het ge­woon­lik saam met my pa ge­gaan om te kyk wat hy by die werk doen.

Ek wou die plek waar my ou­pa en pa groot­ge­word het, be­skerm. Dis die die­re wat my fa­mi­lie aan die le­we ge­hou het; daar­om wil ek die die­re be­skerm so­dat my kin­ders ook in die Kru­ger­wild­tuin kan werk.

Wan­neer het jy self in die wildtuin be­gin werk? In 1992, as ’n se­ker­heids­be­amp­te. Ná ’n jaar het ek die keu­ring vir veld­wag­ters ge­doen en deur­ge­kom. Ek is toe op­ge­lei en aan­ge­stel as veld­wag­ter by die Pun­da Ma­ria-deel. Ek het tot 1997 daar ge­werk en is toe na King­fis­her­spruit ge­skuif, waar ek se­dert­dien ge­sta­si­o­neer is. Ek is in 2002 be­vor­der tot veld­wag­ter-kor­po­raal en in 2016 tot veld­wag­ter-ser­sant.

Wat is die guns­te­ling­deel van jou werk? Om saam met my K9-hond, Ng­we­nya, te werk. Ek het saam met hon­de groot­ge­word, en ge­niet dit om saam met hul­le te werk. Ng­we­nya ( op die fo­to hier­bo saam met Lucky) is op­ge­lei om on­wet­ti­ge mid­dels en vuur­wa­pens op te spoor. Ons werk al se­dert 2009, toe sy nog ’n klein hond­jie was, saam en sy gaan o­ral saam met my op pa­trol­lie. Sy het my al bai­e­keer gered deur my teen ge­vaar­li­ke die­re te waar­sku.

En die sleg­ste deel? Kon­flik­si­tu­a­sies en wan­neer kol­le­gas nie hul­le werk doen nie – dit is nie lek­ker om hul­le te moet te­reg­wys nie. Om te sien hoe kol­le­gas voor die ver­soe­king van re­nos­ter­stro­ping swig, is ook sleg.

Hoe het dit vir jou ge­voel om die Tus­k­toe­ken­ning te wen? Ek is baie dank­baar vir dié toe­ken­ning. Dit is goed vir my én die span om er­ken­ning te kry. Die toe­ken­ning het my weer e­ner­gie vir my werk ge­gee – ek voel soos ’n nu­we veld­wag­ter! Dit maak nie saak hoe moei­lik die werk word nie; ek sal toe­ge­wyd bly en nie kor­rup word nie.

Om die ge­leent­heid in Kaap­stad by te woon was ook ’ n fan­tas­tie­se er­va­ring. Dit was my eer­ste keer op ’n vlieg­tuig en ook die eer­ste keer dat ek so ’n mooi plek soos Kaap­stad sien.

Hoe­kom is be­wa­ring so be­lang­rik? Dit sorg vir die na­tuur en gee aan die na­tuur en die­re waar­de. Dit skep werk vir men­se wat in dié ge­bie­de bly. Ons moet ook die­re soos die re­nos­ter vir toe­koms­ti­ge ge­slag­te be­waar.

Wat maak van ie­mand ’n goeie veld­wag­ter? Jy moet jou­self kan mo­ti­veer. Jy moet ’n hart vir die werk hê en toe­ge­wyd wees – dit be­gin al­les by die huis. ’n Mens moet ge­dul­dig en vas­be­ra­de wees, want daar is baie moei­li­ke de­le aan dié werk.

Hoe help ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners in die stryd teen re­nos­ter­stro­ping? Be­wus­ma­king van re­nos­ter­stro­ping moet nog ver­der ver­sprei, want men­se ver­staan nie al­tyd wat die waar­de van wil­de die­re is en wat dit tot hul­le le­we by­dra nie. As men­se van jongs af op­ge­voed word hier­oor, sal hul­le dit on­der­steun. Die he­le land se on­der­steu­ning is no­dig om dié stryd te wen.

As ek die Lot­to wen… sorg ek heel eer­ste vir my vyf kin­ders. Ek sal se­ker maak hul­le kry ’n goeie op­voe­ding, want dit sal hul­le toe­koms be­paal.

Vir ’n ont­span­ne va­kan­sie… Ek het nog nie baie ge­reis nie, maar om Kaap­stad te sien was heer­lik: Ek dink ek sal te­rug­gaan om nog van die plek te sien. Ek sal ook graag een­dag oor­see wil reis, dalk na En­ge­land of A­me­ri­ka.

– Suzaan Hall

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.