HOUT­BAAI

Weg! - - Vakansie Kaapstad-daguitstappies -

Hout­baai is die poort tot wê­reld­be­ken­de toe­ris­te­kol­le soos Chapmanspiekrylaan en Kaap­punt. Maar trek af en kyk hoe­kom die plaas­li­ke men­se praat van die Re­pu­bliek van Hout­baai.

OGGEND

Draai in Hout­baai af van die M6 in Val­ley Ro­ad en hou stil by die Val­ley Farm Stall ( 021 790 3803; val­leyfarm­stall.co.za). Drink kof­fie in die rus­ti­ge tuin ter­wyl die kin­ders heen en weer hard­loop tus­sen die klim­ra­me en die plaas­werf waar po­nies, don­kies, dwerg­bok­kies en var­kies rond­loop. Hier’s ook ’n in­heem­se kwe­ke­ry en ’n win­kel waar jy die­re­voer vir jou hoen­ders en ham­sters by die huis kan koop.

Moet eg­ter nie te in­ge­bur­ger raak hier nie, want Wor­ld of Bi­rds is net om die draai... Sit min­stens twee en ’n half uur op­sy vir die Wor­ld of Bi­rds Wild­li­fe Sanc­tu­a­ry. Din­ge lyk ef­fe ver­waar­loos, maar dit gaan jou kin­ders min skeel. Jy stap op sir­kel­roe­tes rond­om ruim vo­ël­hok­ke waar hon­der­de vo­ëls hou, van ge­vlek­te oor­uil tot ek­so­tie­se nom­mers soos die skar­la­ken-i­bis ( scar­let i­bis). Jy’s in die vo­ëls se bin­ne­kring en kan kyk hoe hul­le nes­bou en hul­le klein­tjies voer. Kyk op die web­werf vir die voer­tye.

Dan is daar ook die Mon­key Jungle... maak maats met die on­nut­si­ge eek­ho­rin­ga­pies en ver­kyk jou aan die piep­klein klou- en leeu­a­pies met hul­le ou­oom-ge­sig­gies. Die park het ook an­der die­re soos muis­hon­de, meer­kat­te en eek­ho­rings, en ’n paar koud­bloe­di­ges.

Ná die vo­ël­park kan jul­le gaan kyk wat ’n mens al­les met ’n ne­de­ri­ge tee­sak­kie kan doen. Jill Hey­es het 17 jaar ge­le­de ’n ge­bruik­te tee­sak­kie so be­kyk en ge­dink dit kan mos ’n mooi kaar­tjie maak. Drie jaar la­ter stig “The Tea Bag La­dy” die win­kel O­ri­gi­nal T Bag De­signs, waar 18 in­wo­ners van I­mi­za­mo Yet­hu – Hout­baai se in­for­me­le ne­der­set­ting – werk.

Hul­le stryk en ver­sier dui­sen­de tee­sak­kies per week. El­ke kuns­te­naar verf haar eie ont­werp op die tee­sak­kie en daar­na word dit ver­werk tot al­ler­lei pro­duk­te en kuns­wer­ke – kry no­ta­boe­ke (R65), en­ge­le (R90) of drup­mat­jies (R60) vir die Ker­skous in hul­le win­kel en a­tel­jee by Hoof­weg 144.

As jy wil sien hoe die pro­duk­sie­pro­ses werk, doen ’n 20 mi­nu­te lan­ge toer (gra­tis). Ge­sels ná die tyd met die kun­di­ge toe­sig­hou­er Nom­sa N­da­bam­bi (fo­to links) oor ’n kop­pie kof­fie – sy sal jou ver­tel dat die mees­te van die tee­sak­kies van oor­see af ge­pos word!

MID­DAG

Dis tra­di­sie om vis-ent­jips te eet op Hout­baai, en op die ha­we ver­kon­dig el­ke plek hul­le s’n is die bes­te. D­ren­tel rond op die kaai, luis­ter na die straat­mu­si­kan­te en lag eers ’n bie­tjie vir die oor­ge­wig rob­be voor jy ’n plek kies.

By die baie ge­wil­de The W­har-

fet­te Bis­tro ( 021 790 1100;

ma­ri­ner­sw­harf.co.za) by Ma­ri­ner’s W­harf raak din­ge goed be­sig. Die fên­sie W­harf­si­de G­rill is ook hier: sit bin­ne op ’n win­de­ri­ge dag of bui­te op die dek en tuur oor die see.

As jy lus het vir iets meer in­for­meels... hou aan met Har­bour Ro­ad tot by S­noe­kies ( 021 790 6677; www.s­noe­kies.co.za) of Fish on the Rocks ( 021 790 0001;

fis­hont­he­rocks.com), waar jy jou vis­pak­kie kan eet en uit­kyk oor Chapmanspiekrylaan aan die oor­kant van die baai.

Al­ler­gies vir vis? As dit na­week is, gaan maak ’n draai by die Bay Har­bour Mar­ket ( bay­har­bour. co.za). By dié vro­li­ke mark kan jy e­nig­iets koop van koue ta­ma­tie­sop en gour­met­toe­bies tot boe­tiek­bier en kaas­koek. Die mark is oop op Vry­dae van 5 nm.-9 nm.; Sa­ter­dae en Son­dae van 9.30 vm.-4 nm.

LAATMIDDAG

Trek jou skoe­ne uit en stap ’n ent strand­langs voor­dat jul­le ver­trek op ’n boot­vaart van die ha­we af.

Ver­skeie bo­te (par­ty met ’n glas­bo­dem) vaar na Dui­ker­ei­land waar jy hon­der­de Kaap­se pels­rob­be sal sien (en ruik!). Op pad soon­toe be­hoort jul­le ook dol­fy­ne en wal­vis­se (Ju­lie tot No­vem­ber) teë te kom.

So­dra jul­le weer te­rug is in jul­le voer­tuig, kies jul­le pad­mu­siek­speel­lys en mik na Chapmanspiekrylaan.

Net ná die C­hap­man’s Pe­ak Ho­tel is ’n par­keer­plek regs van jou.

Hou hier stil en neem ’n fo­to van die bron­slui­perd­stand­beeld op die rot­se voor jou. Dié beeld deur I­van Mit­ford-Bar­ber­ton is ’n ge­denk­te­ken aan al die die­re wat eens op ’n tyd in die Kaap­se S­kier­ei­land ge­hou het.

Net ná die tol­hek is ’n par­keer­ter­rein aan jou reg­ter­kant. Hou stil en stap tot by die ru­ï­ne van die East Fort, ge­bou in die 1780’s. Van hier af het jy ’n uit­sig oor die baai en die ber­ge.

Die res van die pad kron­kel ver­by lood­reg­te rots­wan­de en kran­se wat die blou see in weg­val. Trek by een van die piek­niek­kol­le af en kyk hoe dit don­ker word op die s­kier­ei­land.

– Ma­ri­jc­ke Dodds >

HOUTBAAISTRAND

DIE UIT­SIG VAN CHAPMANSPIEKRYLAAN AF OOR HOUT­BAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.