AG­TER DIE LEI­DRA­DE

Weg! - - Pierre Sê - WegRaai #2 is van 4 De­sem­ber af op die rak­ke, óf be­stel een by win­kel.weg.co.za teen R45.

My ma het el­ke week tot ou­nag met Huis­ge­noot se blo­kraai ge­sit. Toe ek in 2011 by Huis­ge­noot ge­werk het, het ek hals­oor­kop in­ge­stem om re­dak­teur van die blok­raai­boek te word.

Nou stel ek meer as ’n dui­send blok­raaie per jaar op, maar dis da­rem nie al­mal groot raai­sels nie. ’n Re­ke­naar skep die blo­kraai se raam, maar die lei­dra­de word met die hand ge­skryf. Ek ge­bruik ver­skil­len­de woor­de­lys­te vir die ver­skil­len­de tyd­skrif­te.

Ek vul ook blok­raaie in, maar meest­al in En­gels – bloot om­dat dit my twee­de taal is en blok­raaie my help om my woor­de­skat te ver­be­ter.

Blok­raaie is ver­stom­mend ge­wild. Ek kry brie­we van tuis­te­skep­pers, pro­fes­si­o­ne­le men­se, stu­den­te en tie­ners. Be­jaar­des. Jon­ges. Ry­kes.

In New York trek dus­kant ’n dui­send men­se el­ke jaar la­er in ’n ho­tel om aan The New York Ti­mes se na­week lan­ge blok­raai­toer­nooi deel te neem. Ek het dit een jaar by­ge­woon. Een vrou het die he­le na­week in ’n stel blo­kraai-flen­nie­pa­ja­mas rond­ge­loop. Nie­mand het ’n oog daar­oor ge­knip nie. (Kort daar­na het ek my stel oor die in­ter­net aan­ge­skaf.)

Lank na­dat die sel­foon ver­vang is deur ’n ka­toe­ter wat ie­wers op jou ken in­ge­plant word en ons al­mal in hom­mel­tuie kan­toor toe aan­ge­sweef kom, sal men­se steeds ’n blok­raai­tyd­skrif oop­slaan en ’n pot­lood na­der­trek.

Die re­dak­teur van ons ge­wil­de blok­raai­boek, WegRaai,

Ger­da En­gel­brecht, is ver­sot op blok­raaie...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.