Weg!

Sun Skinsonbra­ndroompak

-

3 Hierdie nuwe, slim produk van ’n SuidAfrika­anse maatskappy behoort die hele somer te hou. Dit het ’n 300 mlhouer wat jy by die huis kan los, en vier reis-vriendelik­e 50 ml-bottels om saam met jou te vat waar ook al jy gaan. Die sonbrandro­om is nie olierig nie en waterbesta­nd, met ’n SBF30-gradering. Dis veilig vir sensitiewe velle en kinders en het antioksida­nte (vitamien C en E) om jou vel gelukkig te hou.

Die Sun Skin-reeks sluit ook ’n gevorderde SBF50-room in met die naam UV Derm, vir sonbeskerm­ing én beskerming teen die lig wat jou foon- en rekenaarsk­erm uitstraal. Ja, om heeldag na Facebook te staar is nie net skadelik vir jou brein nie, maar ook vir jou vel! R450 vir die SBF30-pak (500 ml); R450 vir die UV Derm-pak (250 ml) by

sunskin.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa