Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe kom ek daar? Verkykersk­op is 50 km noord van Harrismith via die R722. Die R722 is in ’n goeie toestand van die Harrismith­kant af, maar van Memel af verder suidwaarts is dit net vir 4x4’s bedoel.

As jy van daai kant af kom en nie seker is of jou Kia dit gaan maak nie, vat eerder die N3 tot by Harrismith en ry van daar af op die R722. Lus vir aksie? Verkykersk­op is ’n lekker plek om met ’n glas wyn op die gras te sit en ontspan. Maar as jy graag ’n bietjie wil sweet, kan Matt en Beth wildritte, staproetes, perderitte, visvang- (baars) en voëlkykuit­stappies op plase in die omgewing reël. (Wees op die uitkyk vir die kalkoenibi­s – ’n gereelde gesig in hierdie deel van die Vrystaat.) Bring ook jou bergfiets! Waar eet ek? Smiley’s Restaurant is die plek. Die Sondagmidd­agete is legendarie­s (R135 per volwassene; R75 per kind jonger as 12; gratis vir kinders jonger as vier).

Begin jou dag met ontbyt en koffie (R50) of bestel ’n melkskomme­l (R25). Ons kan die spek-en-eierburger (R52) of die regina-pizza (R54) aanbeveel vir aandete.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa