Weg!

EET HIER

-

Hier is baie restaurant­e in Ballito en omgewing – dis onmoontlik om hulle almal te noem. Hier’s ’n paar plekke waar die locals graag eet.

SAGE CAFÉ DELI Dié ruim restaurant het ’n tuin om die kinders besig te hou en is ideaal vir gesinsetes. Die kos (van pizzas en burgers tot risotto en Durbankerr­iegeregte) is vars en geurig.

En daarom wil almal hier wees; dit raak dus bedrywig oor naweke. Bespreek eerder vooruit. Waar? Old Fort-weg, Salt Rock (langs The Litchi Orchard) Oop Saterdag tot Donderdag: 8 vm.4 nm.; Vrydag en in die vakansiese­isoen: 8 vm.-8 nm. Kontak 032 525 8059;

sagecafe.co.za

SEARED Dié plaaslike gunsteling is ’n ontspanne plek (met speelplek vir die kinders) vir goue oues soos steak, seekos en pizza. Waar? Eden Village, Old Fort-weg, Salt Rock Oop Woensdag tot Sondag: 10 vm.-9 nm. Kontak 083 655 5864

TREE NATURAL HEALTH CAFÉ & YOGA STUDIO Moeg daarvoor om die enigste ou aan tafel te wees wat ’n burger sonder ’n bun bestel? Kom maak ’n draai by Tree Natural. Dit maak nie saak watse dieet of eetplan met ’n gewete jy volg nie (glutenvry, suiwelvry, streng vegetaries, net organies of paleo-dieet), hier gaan jy lekker eet: smoothies, stewige slaaie en wraps speel die hoofrol op die spyskaart. Waar? Ballito Junction, Ballito-rylaan Oop Maandag tot Saterdag: 7.30 vm.7 nm.; Sondag: 7.30 vm.-5 nm. Kontak 031 561 1169;

treenatura­l.co.za

SIGGI’S- DUITSE RESTAURANT & PUB As die pad na jou hart deur ’n bros eisbein en ’n Duitse bier loop, hoort Siggi’s op jou vakansiepl­an. Hulle bedien ’n reeks Duitse spesialite­ite, asook boetiek- en ingevoerde bier. Waar? Basil Hulett-rylaan 65, Salt Rock Oop Elke dag van 11.30 vm. af Kontak 032 525 7460;

siggisgerm­anrestaura­nt.co.za

SEARED

COCO DER MER-BOETIEKHOT­EL

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa