DAG 12

Weg! - - Klassieke Reisplan -

Lê vir ou­laas in jou bed en luis­ter hoe die bos­veld­fi­sant ska­ter. Ont­hou daai uit­bun­dig­heid, en dra dit in jou hart saam huis toe.

Ry te­rug na Suid-A­fri­ka deur die Plat­jan-grenspos waar jy met ’n mooi laag­wa­ter­brug oor die Lim­po­po­ri­vier ry. (Kar­re kan ge­woon­lik nie P­ont­drift ge­bruik nie – dis meest­al be­doel vir voet­gan­gers.)

Jou ander op­sies is Zan­zi­bar ver­der suid, of Martin’s D­rift-Gro­blers­brug-grenspos.

Van­aand is jy weer te­rug in Gau­teng, maar teen dié tyd weet jy: Botswa­na en sy bos­veld­fi­sant sal op ’n dag weer roep, en jy sal ant­woord... >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.