STAP SAAM

Moeg vir die le­we in die stad? Skep asem in die berg.

Weg! - - Inhoud -

Die S­hel­ter Rock-roe­te is skaars ’n uur se ry bui­te Jo­han­nes­burg of P­re­to­ria – klim tot bo vir ’n mooi uit­sig en koel af in die plon­spoel

S­HEL­TER ROCK-ROE­TE, SKEERPOORT

Die Ma­ga­lies­berg kan nie heel­te­mal kers vas­hou by die mag­ti­ge Dra­kens­berg wat 3 475 m he­mel se kant toe s­taan nie, maar dis slegs 1 tot 1½ uur se ry uit Jo­han­nes­burg of P­re­to­ria.

En op die S­hel­ter Rock-roe­te kan jy bin­ne 4 km bo­op die kruin s­taan! ’n Goeie Plan B dus vir Gau­ten­gers op ’n son­ni­ge Sa­ter­dag­og­gend.

Die S­hel­ter Rock-roe­te be­gin by die ont­vangs­lo­kaal en par­keer­ter­rein op die ge­lyk­na­mi­ge plaas aan die voet van die sui­de­li­ke han­ge van die Ma­ga­lies­berg.

Jy stap op ’n goed­ge­merk­te paad­jie on­der­deur in­heem­se ka­ree- en do­ring­bo­me al langs die voet­heu­wels. Dis koel in die ska­du­wee. Plek-plek sien jy o­ran­je pad­da­stoe­le wat teen klam boom­stam­me groei. In die re­ën­sei­soen s­taan die va­rings bont hier. Net ná ’n mo­tor­wrak stap jy on­der die bla­re­dak uit.

Die paad­jie hou aan klim in die rig­ting van die S­hel­ter Rock-rots­for­ma­sie. Dié rots is 2,4 km van die be­gin­punt af. Soek die groot wil­de­vy­boom aan jou lin­ker­kant. Die rots is oor­trek met die wor­tels van dié boom en dis ’n lek­ker plek om ’n e­ner­gie­sta­fie te ge­niet.

Klim dan tot bo-op S­hel­ter Rock vir ’n uit­sig oor die val­lei. Uit­ge­rus? Volg nou die rooi kol­le ver­der bult-op tus­sen die sui­ker­bos­se deur tot bo by T­wee­boom­nek. Ont­hou om ge­reeld op te kyk – ons het ’n wit­kruis­a­rend, ’n Sui­de­li­ke wa­ter­fis­kaal en blou­sy­sies ge­sien. Én ’n swerm Eu­ro­pe­se by­e­vre­ters wat reg­maak vir hul­le oor­se­se reis.

Hier’s ook ’n paar ru­ï­nes van B­rit­se for­te. Een fort is 100 m oos van T­wee­boom­nek en die twee­de on­ge­veer 300 m ver­der.

Bo ge­kom, kan jy nie an­ders as om jou ka­me­ra uit te pluk nie – dié uit­sig smeek vir ’n In­sta­gram-sel­f­ie. Noord­wes lê Rus­ten­burg – op ’n hel­der dag kan jy Sun Ci­ty sien. Noord­oos is Ma­di­beng (B­rits) en reg noord lê le­moen- en blou­bes­sie­boor­de, gra­niet­kop­pies en pla­ti­num­my­ne. Oos blink die Har­te­bees­poort­dam op die bruin vlak­tes, en as jy mooi kyk, her­ken jy Rand­burg en Sand­ton.

Bo-op die kruin swenk die paad­jie noord vir ’n kort sirkelroete deur die Rots­tuin. Stap rus­tig hier deur en ver­won­der jou aan die rots­for­ma­sies wat lyk as­of hul­le e­ni­ge oom­blik gaan tui­mel.

Wees op die uitkyk vir kog­gel­man­ders – die een wat am­per oor my voet ge­hard­loop het, was net te vin­nig so­dat ek hom naam kan gee.

Ná die Rots­tuin swenk die paad­jie weer na regs. Jy stap nog ’n ruk­kie op die kruin voor jy weer af­waarts stap, meest­al op die­self­de paad­jie wat jy ge­kom het. Stop ge­rus weer by S­hel­ter Rock; niks jaag jul­le mos nie. Mik dan suid tot by die ont­vangs waar jul­le jul­le warm ly­we in die plon­spoel kan af­koel. 30 A­pril) en 7.30 vm.-5 nm. (1 Mei tot 30 Au­gus­tus). As jy op weeks­dae wil kom stap, of ’n groep gro­ter is as 15, moet jy vooraf be­spreek en be­taal. Kos­te R80 p.p. en R40 per kind jon­ger as 16, jon­ger as 6 is gra­tis. Kon­tak 071 473 6298 (Cor­ry); shel­ter­rock.co.za

– La­wret­te M­cFar­la­ne

BLAAS­KANS. Dit kan jou net twee uur neem vir hier­die mooi uit­sig van die hoog­ste punt op die roe­te af.

STAP EN SPEEL (links, bo). Op pad na die hoog­ste punt op die roe­te, ’n ent­jie ná T­wee­boom­nek; (links, on­der) S­hel­ter Rock; (bo) op pad af net ná T­wee­boom­nek; (on­der) die plon­spoel by die ‘ba­sis­kamp.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.