RUBRIEK

Jou pas­poort is ’n do­ku­ment wat op ’n saak­li­ke wy­se al­ler­han­de reis­ple­sie­re tus­sen sy sty­we groen voor- en ag­ter­blad boek­staaf.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE TO­AST COET­ZER SKETS FRED MOUTON

To­ast Coet­zer blaai vir ou­laas deur sy vo­ri­ge pas­poort en dink te­rug aan ve­le grens­pos­krui­sings

My nu­we pas­poort het ge­kom – ver­ba­send vin­nig, dan­kie, Bin­ne­land­se Sa­ke – en teen dié tyd weet ek wat vir my ou een voor­lê. Dit gaan ie­wers in ’n laai be­gin stof ver­gaar, want ek is sen­ti­men­teel oor sul­ke goed, en gooi nie som­mer weg nie. (Ek bê­re stif­fy dis­ks uit die 1990’s, waar­voor die re­ke­naars nie eens meer be­staan nie...)

Daar­om, voor­dat die stem­pel se ink be­gin ver­vaag, blaai ek vir ou­laas deur dié ge­troue v­riend wat my oor die af­ge­lo­pe agt jaar toe­gang tot so­veel a­von­tuur­li­ke be­stem­mings ge­gun het. Dit het gaan draai in die Kon­go, is al ge­stem­pel in die Dur­ban­se ha­we, én op T­ri­stan da Cun­ha­ei­land, half­pad Ar­gen­ti­nië toe. Dit was in En­teb­be, U­gan­da, bo-op die An­des in die rig­ting van C­hi­li, én by On­ge­luks­nek op pad na Le­so­tho.

’n Pas­poort – soos ’n i­den­ti­teits­do­ku­ment – is ’n ge­lyk­ma­ker. Met ’n pas­poort in die hand is ’n arm man en ’n ryk man kort­ston­dig ge­lyk voor die glas­ven­ster waar­ag­ter ie­mand met ’n rub­ber­stem­pel die mag het om jou bin­ne te laat tot ’n land: jy’s ’n Suid-A­fri­ka­ner, en dis dit. Dit maak nie reg­tig saak of jy te voet daar aan­kom, en of jy in ’n Ces­sna daar na­by ge­land het nie.

In die ad­mi­nis­tra­tie­we oë van re­ge­rings ís jy jou pas­poort. Die Ver­e­nig­de Ko­nink­ryk, Aus­tra­lië of Ka­na­da gee nie om of jy ’n ni­ce ou is nie – as jy daar wil be­soek af­lê, moet jy as Suid-A­fri­ka­ner deur al­ler­han­de hoe­pels spring voor­dat jy ’n vi­sum kry.

Maar daar is mak­li­ker lan­de om te be­soek. Lan­de wat na­der is – jy kan som­mer soon­toe ry! Lan­de waar jy jou tent on­der ’n do­ring­boom kan op­slaan en wrag­gies dalk la­ter ’n leeu kan hoor brul. ’n Wíl­de leeu. Lan­de met twee­spoor­paaie, woes­tyn­vlak­tes, en stran­de wat stil in die ver­te­waas ver­dwyn.

Lan­de met wa­ter­val­le, wou­de en ri­vie­re waar nag­ui­le saans roep. Dié lan­de is ons buur­lan­de: Na­mi­bië, Botswa­na, Mo­sam­biek, Zim­bab­we, en dan An­go­la, Zam­bië, Ma­la­wi en Tan­za­nië. Daar’s ook ons bin­ne­bu­re, Le­so­tho en S­wa­zi­land

(dees­dae die Ko­nink­ryk van eS­wa­ti­ni).

By die grens­pos­te van dié lan­de kan jy maar net met jou Suid-A­fri­kaan­se pas­poort op­daag. Jy is wel­kom. Jy hoef nie vooraf aan­soek te doen nie. Jy hoef nie­mand te bel om iets te re­ël nie. Jy kan net jou ha­re kam, net­jies aan­trek, jou tent­sak op die bak­kie gooi en op­daag. Met jou groen boe­kie in die hand.

Só het ek – as ek so vin­nig deur my pas­poort blaai – ten min­ste agt keer die af­ge­lo­pe agt jaar by Vi­ools­drif-Noor­doe­wer op­ge­daag om Na­mi­bië van die sui­de af bin­ne te ry. (As ek ooit ’n ta­toe­ëer­merk moet kry, dan is dié grens se stem­pels dalk nie ’n vrot i­dee nie.)

Daar is an­der grens­pos­te waar ek ’n ge­reel­de ge­sig is, soos Mo­hem­bo tus­sen die Capri­vi en die O­ka­vang­o­pyp­steel. Ook N­go­ma, op die C­ho­be­ri­vier, om­ring deur kre­me­tart­bo­me. Soms s­taan jy in die ry en sien o­li­fan­te, en dis die waar­heid. Daar’s Ka­zun­gu­la Ro­ad, die grens­pos tus­sen Botswa­na en Zim as jy Vic Falls toe ry. Dáár – aan die Zim-kant – wys hul­le soms toets­krie­ket op die kan­toor-TV (el­ders is dit byna al­tyd klank­lo­se se­pies).

My pas­poort ge­tuig ook van my guns­te­ling-oor­glip­plek­ke, soos S­tock­poort op die Lim­po­po­ri­vier noord van Lep­ha­la­le. Hier is jy ge­woon­lik al­leen en die lug is vars – geen lui­e­ren­de vrag­mo­tors nie. Jy groet die amp­te­na­re in Tswa­na, aan die Suid-A­fri­kaan­se én die Botswa­na-kant en jy be­sef: ons is eint­lik een en die­self­de.

Ons grens­pos­te, ver­al dié met Na­mi­bië en Botswa­na, het dik­wels na­me wat jou lús maak vir reis: Vi­ools­drif, On­seep­kans, Ra­mat­la­ba­ma. Wie sou nie by Plat­jan wou gaan draai nie? Wie was die M­cCarthy van M­cCart­hys­rus, die Parr van Parr’s Halt, of die Gro­bler van Gro­blers­brug? Waar­om S­kil­pads­hek?

Hier­die is die din­ge wat die stem­pels in my pas­poort my nou oor laat won­der.

Ek was nog net een keer deur Mid­del­puts, maar ek sou graag weer daar Botswa­na wou bin­ne­ry om te kyk of die kan­toor steeds deur een mens en een meer­kat be­man word. Dit is nie die soort ding wat jy by He­athrow gaan te­ë­kom nie, ek kan jou dit be­lo­we.

Nie al die pas­poort­stem­pels her­roep lek­ker grens­pos­krui­sings nie. So­dra jy by ’n gro­ter grens­pos ’n grens oor­steek, raak din­ge be­dry­wig – meer kar­re, lan­ger rye.

Jy sal ook nie baie men­se hoor wat mooi goed te sê het oor Beit­brug nie. Ek is die af­ge­lo­pe agt jaar twee keer daar deur. Beit­brug is skyn­baar per­ma­nent in aan­bou. Ek het al hier tou­ge­staan in ’n ty­de­li­ke tent én voor con­tai­ner- kan­to­re. Soms s­taan jy in ’n bin­ne­hof wat jou laat dink aan toe jy op skool in die moei­lik­heid was en voor die hoof se kan­toor moes wag.

Wan­neer jy ge­reeld reis, sien jy ook ver­an­de­ring – soms selfs voor­uit­gang – by grens­pos­te. Wan­neer ek na die Ses­he­ke­stem­pel kyk, ont­hou ek hoe glad ge­o­lie dié Zam­bie­se grens­pos se rat­te was.

Die teen­oor­ge­stel­de kry jy net stroom­af met die Zam­be­si­ri­vier, waar die cha­o­tie­se Ka­zun­gu­la-grens­pos s­taan. Die Botswa­na­kant is dood­dol­lies, maar Zam­bië se kant is ’n re­pu­bliek van sy eie. Be­taal ie­mand maar R200 om jou deur die moe­ras van on­ge­merk­te kan­toor­tjies te kry – dis nie ’n sleg­te be­leg­ging nie.

By Ka­zun­gu­la is din­ge eg­ter aan die ver­an­der, met nu­we kan­to­re in aan­bou op die Botswa­na- én Zam­bië-oe­wer van die ri­vier – en pon­te gaan ver­vang word met ’n brug waar­aan ’n span (on­der an­de­re) Ko­re­a­ne tans ver­vaard bou.

Hier­die bou­e­ry sal dalk voor­uit­gang be­te­ken in Ka­zun­gu­la se ge­val, en ek hoop dat dit die lot van die e­wig­wag­ten­de vrag­mo­tor­be­stuur­ders sal ver­lig. As ek nou my oë toe­maak, sien ek ’n groe­pie van hul­le wat skuil on­der ’n lor­rie­wa, be­sig om op ’n klein hout­skool­braai­tjie ’n stuk­kie bok­vleis gaar te maak ter­wyl ’n sub­tro­pie­se don­der­storm rond­om hul­le neer­giet, ie­der­een ver van hul­le huis in Dur­ban, Jo­han­nes­burg, Lu­sa­ka of dalk selfs Lu­bum­bashi.

’n Pont soos dié by Ka­zun­gu­la is wel een van die a­von­tuur­lik­ste ma­nie­re om ’n grens oor te steek. Jy s­taan daar soos ’n waf­fer­se ont­dek­kings­rei­si­ger en sien ’n an­der land na­der­kom. Jy dryf op ’n ri­vier vol tier­vis, kro­ko­dil en see­koei. Jy kom te­rug van – of jy is op pad na – die Afrika waar­van jou hart bruis wan­neer die kamp­vuur se laas­te ko­le laag brand.

Selfs by Sen­de­lings­drift kan jy nog pont ry, oor die bruin wa­ters van die Oran­je­ri­vier, met net ’n paar blou­a­pe wat jou dop­hou. Dit sou hart­seer wees om een­dag die laas­te pont vaar­wel te wuif.

Daar is plek­ke waar my ou pas­poort was wat ek graag ook my nu­we pas­poort wil gaan wys, soos Na­mi­bië se piep­klein grens­pos ge­naamd Ka­si­ka, ge­leë op die C­ho­be­vloed­vlak­te net oor­kant die ri­vier van Ka­sa­ne (aan die Botswa­na-kant). Jy moet deur Ka­si­ka (en die ewe ob­sku­re Im­pa­li­la-grens­pos, ge­leë op die eiland van die­self­de naam) as jy op van die C­ho­be se huis­bo­te wil kom oor­nag, om­dat hul­le al­mal in Na­mi­bië ge­re­gis­treer is. Waar­van ek hou van Ka­si­ka – waar daar nie eens ’n re­ke­naar in die kan­toor is nie en dit lyk as­of die amp­te­naar met sy Or­lan­do Pi­ra­tes-T-hemp bloot be­sig is om ’n blaas­kans te vat van sy vis­vang­ske­du­le om jou gou ’n stem­pel te gee – is dat my pas­poort hier net so gel­dig (en waar­dig) is as by He­athrow.

Dan is daar die Ka­se­sya-grens­pos tus­sen Zam­bië en Tan­za­nië, na­by die suid­punt van die Tan­gan­ji­ka­meer. Ver­al aan die Zam­bie­se kant moet jy ge­woon­lik ’n kind stuur om die amp­te­naar in ’n huis ie­wers te gaan wek uit sy mid­dag­sla­pie (en wie sal hom bla­meer?). Dis ’n bui­te­pos hier­die.

Ek ont­hou ook een slag, aan die Tan­za­nie­se kant, hoe ek in ’n win­kel­tjie net an­der­kant die grens­pos aan die ge­sels ge­raak het met ’n So­ma­li­ër wat uit Suid-Afrika ge­vlug het vir xe­no­fo­bie­se aan­val­le. Jy vlug ook nie nood­wen­dig te­rug So­ma­lië toe in so ’n ge­val nie, daar­om is hy te­rug tot hier by Ka­se­sya. Tus­sen her­waarts en der­waarts.

Dit het my laat be­sef dat jy ’n lyn kan trek tus­sen by­voor­beeld Kaap­stad en Ka­se­sya. Daar mag dalk lands­gren­se wees tus­sen die een en die an­der, maar pad­langs is ons al­mal die­self­de. ’n An­der land se pro­ble­me het nie niks met ons uit te waai nie – ons maak staat op me­kaar, reg­deur Afrika.

Dít is waar­na ek uit­sien met my nu­we pas­poort. Om nu­we “ta­toe­ëer­mer­ke” te kry wat dié ly­ne tus­sen my en die men­se in die lan­de rond­om my ver­der sal ver­sterk.

‘Wie sou nie by Plat­jan wou gaan draai nie? Wie

was die M­cCarthy van M­cCart­hys­rus, die Parr van Parr’s Halt, of die Gro­bler

van Gro­blers­brug? Waar­om S­kil­pads­hek?’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.