VELD­RY

Weg! - - Fietse Toerusting -

Om op en­kel­spoor­paad­jies met heel­wat op­pe en vin­ni­ge af­fe te ry (in En­gels be­kend as trail ri­ding of all moun­tain ri­ding) word al ge­wil­der. ’n Trail- fiets ver­skil van ’n XC- fiets om­dat dit ve­ring met meer spe­ling en ’n gro­ter hoof­buis­hoek ( he­ad tu­be an­gle) het, wat be­te­ken die wiel­ba­sis is lan­ger. Dit het waar­skyn­lik ook 27,5 duim­wie­le so­dat dit be­ter han­teer, teen­oor 29 duim-wie­le wat be­ter is vir spoed.

Hier­die soort fiet­se word nie ont­werp vir lang­af­stand­uit­hou­rit­te nie, maar eer­der om so­veel pret moont­lik te hê as jy op ’n en­kel­spoor­paad­jie in die ber­ge voort­snel. Koop een as jy na­by aan ’n net­werk van veld­paaie bly en daar­van hou om kor­ter, krag­ti­ger rit­te met vin­ni­ge af­draan­de te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.