Ge­troud met reis

Hugo (26) en Ca­ro (28) Min­naar het in 2017 agt maan­de lank deur Afrika ge­reis. As web­ont­wer­pers kon hul­le e­ni­ge plek werk waar ’n goeie in­ter­net­ver­bin­ding is. Die reis­gog­ga het hul­le diep ge­byt – dees­dae het hul­le nie eens ’n vas­te a­dres in Suid-Afrika ni

Weg! - - Oos-afrika Reis -

Waar kom die i­dee van­daan?

Een van ons hu­we­liks­be­lof­tes aan me­kaar was om die wê­reld plat te toer. In 2015 en 2016 het ons Vi­ët­nam en Tur­kye be­soek, en plan­ne vir ’n wê­reld­reis het erns­tig ge­word. Ons wou van Aus­tra­lië na Suid­oos-A­sië toer, maar toe koop Hugo im­pul­sief sy eer­ste 4x4 en be­sluit: Ons be­gin in Afrika! Dit was ons eer­ste oor­land­toer.

Hoe kon jul­le dit be­kos­tig?

Ons het ’n jaar lank ge­spaar en be­plan om op ons reis aan­lyn te werk. Met die in­kom­ste van dié werk het ons wei­nig van ons spaar­geld ge­bruik. Bui­ten die bak­kie se ver­se­ke­ring het ons geen uit­ga­wes (mo­tor­paai­e­ment, sel­foon­kon­trak...) ge­had nie.

Ons reis­uit­ga­wes op kos, ver­blyf en ver­maak was dus am­per die­self­de as wat ons tuis sou span­deer. Ons ge­mid­del­de daag­lik­se uit­ga­wes was rond­om R400 p.p., son­der die go­ril­la-uit­stap­pie.

Ons het soms saam met vrien­de ge­reis wat ook die kos­te laag ge­hou het (lees Hugo-hul­le se web­werf vir ’n vol­le­di­ge kos­te­uit­een­set­ting).

Met wat­se voer­tuig het jul­le ge­ry?

Hugo wou eers die tog met ’n mo­tor­fiets aan­pak, maar sien toe op Gum­tree ’n 2003 Toyo­ta Hi­lux KZTE met om­trent al die toe­be­ho­re vir die­self­de prys as ’n BMW GS1200. Ons koop toe die Hi­lux met ’n Sa­fa­ris­nor­kel, lang­af­stand­die­sel­tenk, a­lu­mi­ni­um­kap­pie, laai­stel­sel, en­so­voorts. Al wat ons ek­stra aan­ge­bring het, was ’n dak­tent.

Die bak­kie het hom uit­ste­kend ge­dra. In Zam­bië moes ons ’n ag­ter­wiel se wiel­la­er ver­vang. Ons het net drie pap wie­le ge­kry. Ons het twee nood­wie­le ge­had en het die een on­der die mo­tor nooit af­ge­haal nie.

Hoe het jul­le al­les be­plan?

Ons het tel­kens eers na­dat ons ’n land se grens oor­ge­steek het, be­gin kyk na wat daar is om te sien. Ons e­nig­ste twee vas­te da­tums was om teen Ju­nie in Nai­ro­bi te wees (vir Ca­ro se U­ni­sa-ek­sa­men) en om in Ok­to­ber te­rug te wees in Suid Afrika (vir haar eind­ek­sa­men). Ons kon dus by lek­ker plek­ke so lank bly soos ons wou. Ons het aan­vank­lik in­ter­net­blogs ge­raad­pleeg vir in­lig­ting. La­ter het ons ge­hoor van die app iO­ver­lan­der (laai dit gra­tis af by Google se Play S­to­re) om kamp­plek­ke te vind.

Wat­ter do­ku­men­te was no­dig?

Ons het ’n Car­net de Pas­sa­ge et Dou­a­ne (CPD) by die AA ge­koop. Om­dat ons bak­kie se waar­de maar R75 000 was, het dit ons R10 000 ge­kos. Hier­die de­po­si­to het ons met ons te­rug­keer (mi­nus die R4 000-AA-ta­rief ) te­rug­ge­kry. Die CDP dek ook ’n po­li­sie­kla­rings­do­ku­ment (wat be­ves­tig dat die voer­tuig jou­ne is, en nie ge­steel nie). Son­der die CDP is dit wys om ’n po­li­sie­kla­rings­do­ku­ment saam te ry.

Der­de­par­ty­ver­se­ke­ring is ver­plig­tend en ons kon dit ge­woon­lik op die grens koop – soms op die naas­te groot dorp (as dit ’n klein grens­pos is). Ver­der het ons die mo­tor se re­gis­tra­sie­pa­pie­re en af­skrif­te daar­van (en van ons pas­poor­te) by­der­hand ge­had. Ook die vel pa­pier waar­uit jy jou li­sen­sie­skyf sny – jou re­gis­tra­sie­nom­mer ver­skyn hier­op en be­ves­ti­ging hier­van word soms aan­ge­vra (dit s­taan nie op die re­gis­tra­sie­pa­pie­re nie).

Ons het die bak­kie se VIN-, en­jin- en re­gis­tra­sie­nom­mer in groot skrif uit­ge­druk en op die bui­te­blad van ’n lê­er (waar­in al ons do­ku­men­te ge­bê­re is) ge­plak so­dat ons dit mak­lik kon op­hou en wys vir ’n amp­te­naar wat ons in­lig­ting moes neer­skryf.

Hugo se in­ter­na­si­o­na­le ry­be­wys is nooit ge­vra nie. Ons het ook ’n lys ge­maak van die reeks­nom­mers van al ons e­lek­tro­nie­se toerusting soos skoot­re­ke­naars en ka­me­ras, in­dien doe­a­ne­be­amp­tes ons ie­wers pro­ble­me wou gee daar­oor, maar dit was ook nooit no­dig nie.

Wat van vi­sums?

Ons het slegs vir R­wan­da, U­gan­da en E­thi­o­pië vi­sums no­dig ge­had. U­gan­da en R­wan­da s’n kan ’n mens op die grens kry. Vir E­thi­o­pië het ons die vi­sum op die lug­ha­we ge­kry om­dat ons van Nai­ro­bi af soon­toe ge­vlieg het. In­dien ons oor die grens wou ry, sou ons waar­skyn­lik ons pas­poor­te na SA moes koe­rier om aan­soek te doen om vi­sums.

Hoe het jul­le ge­maak wat kos be­tref?

Die mees­te van die kos wat ons in Suid-Afrika ge­koop het, het skaars ’n week ge­hou! Ons moes selfs spe­se­rye aan­vul. In Oos-Afrika kry jy net groen­te en vrug­te langs die pad. In Tan­za­nië het net die ste­de groot su­per­mark­te. In Nai­ro­bi kon ons be­ken­de krui­de­niers­wa­re koop soos blat­jang, Corn Fla­kes en Ta­bas­co. Die mall in Nai­ro­bi het ’n S­pur, O­ce­an Bas­ket en KFC. R­wan­da het goeie su­per­mark­te. U­gan­da, Zam­bië, Ma­la­wi en Mo­sam­biek het S­hop­ri­te-win­kels.

Ons het wel Ka­roo­s­kaap­tjop­pies en sjo­ko­la­de be­gin mis! Ons kon am­per nê­rens in Tan­za­nië sjo­ko­la­de kry nie ( Dit smelt se­ker te gou... – Red.).

Daar was ook tye wat ons na kaas ge­smag het. Ons het nooit ’n vas­te kos­maak­roe­ti­ne ge­had nie. Ont­byt was e­nig­iets van oor­skiet tot be­skuit of pap. Ons het ge­reeld Fran­se roos­ter­brood of roer­ei­er ge­maak. ’n In­do­ne­sie­se stu­dent wat in ’n sta­di­um saam ge­toer het, het ons leer egg fried ri­ce maak met oor­skie­trys.

Mid­dag­e­tes was hoof­saak­lik grond­boon­tjie­bot­ter-en-gou­e­stroop­brood­jies of ons het ge­peu­sel aan koe­kies, neu­te en vrug­te. In Ma­la­wi het ons “chip­si” ge­koop (aar­tap­pel­sky­we in o­lie ge­braai).

Aand­e­tes was pas­ta of rys met groen­te of blik­kies boon­tjies. Ná Zan­zi­bar het Ca­ro heer­li­ke ker­ries ge­maak met die plaas­li­ke spe­se­rye.

Ons het min ge­braai; ons wou nie vleis langs die pad koop nie. ’n Mens weet nie hoe lank dit al bui­te hang nie.

Wat kon ge­bly het?

Die vier jer­ry­kan­ne was ’n mors van plek. Die bak­kie se 130 li­ter-lang­af­stand­tenk (waar­mee ons 1 000 km kon ry) was meer as ge­noeg. Ons het twee kan­ne in Nai­ro­bi ge­los en die an­der twee leeg saam­ge­ry vir die res van die toer.

Die e­nig­ste ding wat ons nooit ge­bruik het nie, was die air jack, maar din­ge kon mak­lik an­ders uit­ge­draai het. >

Wat was on­ont­beer­lik?

Son­krag­lig­gies (’n vier­lig­stel soos te koop by el­lies. co.za). ’n Mens wil dik­wels lig hê ’n bie­tjie ver­der van die bak­kie af en hier­die stel, wat aan ’n bat­te­ry­bok­sie kop­pel, was draag­baar. Boon­op het dit vin­nig in die son her­laai.

Wat pak jul­le vol­gen­de keer in?

’n S­taaf­men­ger – heel­wat kamp­plek­ke het e­lek­tri­si­teit. Daar is vol­op vrug­te en ons sou lek­ker smoo­thies kon maak.

Ons voer­tuig het nie ’n af­dak nie. Ons het met ’n stuk seil ’ n af­dak prak­seer. ’n Gro­ter af­dak wat mak­li­ker kon oop­maak, sou be­ter be­sker­ming teen son en re­ën ver­skaf het.

Hoe het jul­le kos­te laag ge­hou?

Park­toe­gang is duur; dus het ons slegs twee be­soek: Mi­ku­mi in Tan­za­nië (een dag) en die Maas­ai Ma­ra in Ke­nia (twee dae).

Ons sou meer par­ke in Tan­za­nië be­soek het, maar ons was daar in die re­ën­sei­soen. Die par­ke is ekstra­duur as ’n mens met jou eie voer­tuig ry en jy sien in elk ge­val meer wild saam met ’n gids in ’n sa­fa­ri­voer­tuig. Ons sal dus in die toe­koms (as ons oud en ryk is!) ’n vliegs­a­fa­ri na die Se­ren­ge­ti on­der­neem. Of weer met ons eie voer­tuig toer en ’n wild­kyk­rit vir die par­ke be­spreek.

Was grens­pos­krui­sings stres­vol?

Dit het mak­li­ker ge­word met ver­loop van tyd. By die mees­te lan­de was ons stra­te­gie om die klein­ste grens­pos te kies. Dit kan wel lan­ger neem: een slag moes ons wag vir per­so­neel­le­de om hul­le was­goed te gaan af­haal toe dit be­gin re­ën! Dit is baie rus­ti­ger by die klei­ner pos­te en daar is nie op­por­tu­nis­te wat om­koop­geld soek nie. Ver­der het ons net kalm en vrien­de­lik ge­bly en ge­maak of ons die wê­reld se tyd het (wat die ge­val was).

Hoe was die pad­toe­stan­de?

Bui­ten die pad in Zam­bië van Ses­he­ke af tot in Ka­ti­ma Mu­li­lo en de­le van die EN1-hoof­roe­te in Mo­sam­biek was die mees­te van die hoof­teer­paaie in ’n goeie toe­stand. Na­tuur­lik is daar slag­ga­te, smal paaie en pad­werk, maar ’n mens sou 98% van ons roe­te met ’n Ci­ti Golf kon ry.

Ons was be­ïn­druk met Ma­la­wi se paaie waar dit ge­voel het of jy vir die eer­ste keer in maan­de die bak­kie in vyf­de rat kon ry! Men­se waar­sku teen die bus­se in Tan­za­nië, maar ons het dit nie so erg be­leef nie. Die Mom­ba­sa-Nai­ro­bi-hoof­weg in Ke­nia is wél ’n be­le­we­nis: Dui­sen­de lor­ries wat me­kaar heel­tyd ver­by­steek, on­ge­ag of daar aan­ko­men­de ver­keer is en ten spy­te van die diep slo­te in die teer.

Het jul­le ooit on­vei­lig ge­voel?

Ons het min vei­lig­heids­maat­re­ëls ge­had, by­voor­beeld geen kluis in die bak­kie, geen wa­pens, en­so­voorts. Ons het saans die bak­kie ge­sluit en

streetwi­se pro­beer wees. Ge­du­ren­de die agt maan­de van ons toer is niks ge­steel nie. Iro­nies ge­noeg is daar skaars twee maan­de na­dat ons te­rug was in SuidA­fri­ka by ons bak­kie in­ge­breek en meer as R80 000 se goed ge­steel!

E­ni­ge me­die­se nood­ge­val­le?

In die eer­ste maand het ons al­bei siek ge­word. Ca­ro in T­su­meb waar daar huis­dok­ters en ap­te­ke is. Hugo was koor­sig langs die O­ka­van­go­ri­vier. Ons het ma­la­ria ver­moed en is na ’n plaas­li­ke kli­niek waar hy ge­luk­kig ne­ga­tief ge­toets het. Ná twee dae in die bed kon ons weer in die pad val.

Ons het Doxy­cy­cli­ne ge­drink teen ma­la­ria. Par­ty men­se re­ken dit is be­ter om niks teen ma­la­ria te doen nie (bui­ten lang­mou­kle­re dra ná ske­mer, en­so­voorts) tot jy siek voel. In­dien jy dan po­si­tief toets vir ma­la­ria, be­gin da­de­lik Co­ar­tem-ta­blet­te ge­bruik. Dié ta­blet­te kon ons in Ke­nia koop vir R20 ’n pak­kie. In­dien ons weer toer, sal ons dit waar­skyn­lik so doen.

Skaars twee we­ke la­ter, in Zam­bië, het Hugo sy kop ge­kap teen ’ n stuk ys­ter en moes ste­ke kry in ’ n plaas­li­ke hos­pi­taal. Ons reis­ver­se­ke­ring het dit ge­dek en die wond het mooi ge­nees. Ons het voed­sel­ver­gif­ti­ging in Mo­sam­biek op­ge­doen van kos wat by ’ n be­ken­de su­per­mark ge­koop is.

Hoe het jul­le kon­tak ge­hou?

Ons het in el­ke land ’n SIM-kaart ge­koop (so­wat R10) en kon da­ta koop teen tot 10 keer goed­ko­per as in Suid-Afrika. Ons was dus am­per heel­tyd op W­hat­sApp be­skik­baar. Ons kon ook ge­reeld fo­to’s en vi­deo’s op ons blog laai.

Hoe het jul­le pad ge­hou?

Ons het op Gum­tree ’n Gar­min Nu­vi vir R500 ge­koop. Daar­op het ons Tracks4A­fri­ca en O­pen S­treet Maps ge­laai. Bui­ten Na­mi­bië het ons geen ver­de­re pad­kaar­te ge­had nie. In baie ge­val­le het ons op paaie ge­ry wat nie op Tracks4A­fri­ca was nie, maar wel op O­pen S­treet Maps of Google Maps. Soms het die stel­sel eg­ter die “kort­ste” pad ge­kies, al was dit in swak toe­stand; dus moes jy steeds op jou voe­te dink.

Hoe was dit om saam te toer?

Die reis was maar soos die res van ’n mens se le­we. Daar is lek­ker en moei­li­ke tye. Die e­nig­ste ver­skil is as jy kwaad raak vir me­kaar, moet jy steeds langs die per­soon bly sit in die mo­tor of langs me­kaar slaap in die tent. Daar is nie an­der ver­trek­ke of uit­kom­kans nie!

E­ni­ge raad aan Weg- le­sers?

Klim in jou kar en ry! Moe­nie te veel be­plan nie, want niks ge­beur vol­gens plan nie. Moe­nie te veel in­pak nie, want daar is win­kels pad­langs waar ’n mens e­nig­iets kan koop van kamp­stoe­le en gas­sto­fies tot Ni­vea-room en P­ring­les. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.