WOENSDAG

Weg! - - St. Helena Reis -

Ja­cob’s Lad­der se 699 trap­pies is toe voor ont­byt uit­ge­klim. Ek gaan jok as ek sê dit was lek­ker. My be­ne voel soos ná my eer­ste (en e­nig­ste!) half­ma­ra­thon.

Tan­nie Ha­zel Wil­mot, ei­e­naar van die Con­su­la­te Ho­tel, het my so jam­mer ge­kry toe ek daar in­hink vir kof­fie, sy’ t sum­mier ’n fles per­de­salf loop haal waar­mee ek my oor­eis­te kui­te moes in­smeer.

Daar is geen fout met die puik ou­di­o­toer van die Long­wood Hou­se, waar Na­po­le­on ge­bly het van 1815 tot met sy dood in 1821 nie, maar dit het my koud­ge­laat. Na­po­le­on het my nog al­tyd op­ge­val as ’n kor­da­te self­vol­da­ne man­ne­tjie – dis se­ker maar die re­de.

Dit was wel ko­mies hoe die per­so­neel be­soe­kers on­ge­merk pro­beer rond­volg om te ver­se­ker dat ons nie fo­to’s bin­ne-in die huis neem nie. En nóg snaak­ser om te sien hoe Di­a­ne en Marc hul­le in dié Klein-Frank­ryk in­leef, en sy wel sel­foon­steel­fo­to’s neem van hom wat oral soos Na­po­le­on po­seer, ewe met sy reg­ter­hand voor by sy hemp in­ge­steek! eiland waar die vars vis in skot­tels o­lie oor vu­re ge­braai word.

Ek en Will het af­ge­spreek om die man met die vuur­to­ring­boek, ’n Fin ge­naamd Jus­si Tou­vi­nen, by die Wic­ked Wa­hoo te ont­moet en ons kry sit­plek nes S­qua­re en Se­a­bi­rd hul­le klank be­gin toets.

Die re­stau­rant­jie het reeds ’n vrag vis in­ge­kry en Ganz Ben­ja­min en Le­on T­homp­son be­har­tig die fish fry oor hit­si­ge vlam­me.

S­qua­re kom groet en ons vra hom uit na sy le­we hier op St. Helena. ’n Vol­tyd­se S­te­vie Ray Vaug­han-na­boot­ser? Nee, hy doen in­stand­hou­dings­werk op daar­die net­te wat die rots­stor­tings vang. En voor dit was hy 13 jaar in En­ge­land – eers het hy ho­lo­gram­me op geld­no­te en sok­ker­kaart­jies aan­ge­bring en la­ter pros­te­ses ge­bou. Maar nou’s hy per­ma­nent te­rug. “No ot­her pla­ce li­ke this, luv, no­w­he­re.”

Se­a­bi­rd kry sy or­rel op dreef en S­qua­re haas hom te­rug na die mi­kro­foon. Hul­le ver­to­ning sorg vir luid­rug­ti­ge kom­men­taar, want wei­ni­ge lied­jie se ver­se word end­uit in die reg­te volg­or­de ge­sing. Maar hul­le en­toe­si­as­me ver­goed daar­voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.