V&A

Weg! - - Briewe Vooraf -

‘n Slak en krap wat vrien­de is en rus­pes wat nê­rens heen mar­sjeer? En wat maak dié pof­ad­ders – dans of stoei hul­le? Stuur jou vrae ge­rus na redakteur@weg.co.za

KARIEN LE ROUX van S­truis­baai skryf: Hier­die blou skul­pie het my aan­dag ge­trek. Ek sou graag wou weet wat die krap se naam is?

Die see­le­we­ken­ner GEORGINA JONES ant­woord: Die bor­rel­skulp­slak, Jan­thi­na jan­thi­na, hang on­der­ste­bo op die see­op­per­vlak. Die sly­me­ri­ge bor­rels is ’n soort vlot wat die slak laat dryf. Die slak word net ge­sien as dit op die s­trand uit­spoel. Dit vreet on­der meer blou­bla­sies. Die krap is ’n Co­lum­bus- krap en kom al­ge­meen voor saam met die slak­ke. Ek ver­moed die krap is nie ’n goeie swem­mer nie en dit hang dalk aan die slak se “vlot”. Ek dink nie dit vreet die slak nie, maar aas dalk sy oor­skiet of van die slak se ei­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.