Wor­tel-en-kaas­brood

Weg! - - Kaasgeregte Kos - Le­wer 1 brood­jie Voor­be­rei­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 50 mi­nu­te

Jy ver­wag dalk die smaak van wor­tel­koek, maar hier­die brood is glad nie soet nie. Dis op sy lek­ker­ste warm of ge­roos­ter, met dík bot­ter.

Jy be­no­dig

• 500 ml bruin­brood­meel • 10 ml bak­poei­er • 100 g kaas, ge­ras­per

(be­leë gou­da of ched­dar) • 7,5 ml ko­myn­saad • 2,5 ml sout • 2 groot wor­tels, ge­skil en ge­ras­per • 1 klein ui, fyn­ge­sny • 3 ek­stra-groot ei­ers • 150 ml o­lyf­o­lie

Só maak jy

1 Voor­ver­hit die oond tot 180 ºC. 2 Voer ’n stan­daard 20 cm-brood­pan­ne­tjie met bak­pa­pier uit.

3 Meng die meel, bak­poei­er, twee der­des van die kaas, die ko­myn­saad en sout goed saam in ’n groot meng­bak.

4 Meng die res van die be­stand­de­le goed saam in ’n a­par­te bak. Meng dan die nat en droë be­stand­de­le, en skraap dit in die voor­be­rei­de pan uit en s­trooi die res van die kaas oor.

5 Bak dit vir so­wat 50 mi­nu­te of tot ’n toets­pen skoon uit­kom. Laat die brood vir 10 mi­nu­te in die pan­ne­tjie af­koel voor­dat jy dit op ’n draad­rak­kie uit­keer en ver­der laat af­koel.

Wor­tel-en-kaas­brood

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.