Die ko­bra en die bleek­sing­valk

Weg! - - Kortliks - – Al­bie Ven­ter

Selfs al is jy hóé bang vir ’n slang, moet jy er­ken: die Kaap­se ko­bra is ’n prag­ti­ge dier. Maar mooi of­te nie: Men­se is ui­ters ver­sig­tig vir hul­le. So­wat 90% van slang­by­te in Suid-Afrika is deur Mo­sam­biek­se spoeg­ko­bras, pof­ad­ders, ge­wo­ne nag­ad­ders en sy­pik­slan­ge, maar die do­de­li­ke by­te is dié van Kaap­se ko­bras en swart­mam­bas: so­wat 10-12 per jaar tus­sen dié twee tra­wan­te.

Nie al­mal in die die­re­ko­nink­ryk is eg­ter vrees­be­van­ge vir die Kaap­se ko­bra nie. B­leek­sing­val­ke hou daar­van om die slan­ge te volg. En nee, dis nie om­dat die valk dink die ko­bra is mooi nie; dis om self­sug­ti­ge re­des...

Die slan­ge seil meest­al grond­langs op soek na prooi soos knaag­die­re, ak­ke­dis­se, pad­das en selfs an­der slan­ge.

Ek het al ge­sien hoe Kaap­se ko­bras in die Sen­traal-Ka­la­ha­ri me­to­dies van een knaag­dier­gat na ’n vol­gen­de be­weeg op soek na iets te ase. Par­ty van die knaag­die­re is só bang vir slan­ge, so­dra hul­le ag­ter­kom een is net ef­fe na­by aan hul­le ga­te, laat spaan­der hul­le veld-in.

En dís waar­voor die bleek­sing­valk wag. Ja, hy eet ook slan­ge, maar vir hom is dit baie meer voor­de­lig om rond te hang en e­ni­ge van die knaag­die­re wat deur die ko­bra uit hul­le ga­te ge­jaag word op te pik – daar­sy, mid­dag­e­te!

Kaap­se ko­bras be­weeg wel soms tot in klei­ner bo­me, en daar is men­se wat al so ge­luk­kig was om te sien hoe een ’n ver­sa­mel­vo­ël­nes in die K­gala­ga­di plun­der op soek na kui­kens en ei­ers.

Die slang kom in die dro­ër suid­wes­te­li­ke stre­ke van Sui­derA­fri­ka voor en hou in ’n ver­skei­den­heid van ha­bi­tats: van fyn­bos tot droë gras­veld en selfs die ver­la­te Na­mibwoes­tyn. As jy op een af­kom, stap net sta­dig ag­ter­uit... en moe­nie be­kom­merd wees nie, ’n bleek­sing­valk sal jou nie ag­ter­na sit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.