Lig ’n gla­sie op Bot­ri­vier in die OVERBERG S­wem met ’n uit­sig oor die Swart­berg by DE RUST Stap na die Ma­don­na-en-kind-wa­ter­val by HOGSBACK

Lus vir kamp met g’n moei­te? Hier’s vyf tent­kam­pe!

Weg! - - Front Page - WOOR­DE EN FO­TO’S ES­MA MAR­NE­WICK (TENSY AN­DERS VERMELD)

Nie al­mal ge­niet kamp nie, ver­al nie as die wind skie­lik op­steek of ’n wolk bo­kant jou tent bars nie. Om nie eens te praat van die op- en af­pak­ke­ry nie! Maar “glans­kamp” is dees­dae die in­ding. Hier’s vyf tent­kam­pe waar jy na aan die na­tuur én ge­rie­we kan wees.

S­ha­ki­la-tent­kamp, Mo­di­mol­le

Moe­nie dat die S­ha­ki­la- pri­va­te na­tuur­re­ser­vaat se af­ge­leef­de en on­be­man­de ont­vangs­kan­toor jou van stryk bring nie. Laat jou­self in by die hek en volg die bord­jies tot by jou sa­fa­ri­tent.

Kyk, ’n mens kan sien die tent­kamp se glo­rie­dae is aan ’t kwyn, maar din­ge is skoon, net­jies en huis­lik. Trou­ens, dit voel soos ’n sa­fa­ri­tent wat jou ou­ma ver­sier het: Hier’s mat­te wat nie pas nie, ge­he­kel­de lap­pies op die bed­kas­sies, bal-en-klou-stoe­le... Maar hier is al­les wat ’n mens no­dig het en selfs ’n paar on­ver­wag­te luuks­he­de soos ’n bui­te­lug­stort (warm) en ’n bor­rel­bad met ’n uit­sig oor die bos­veld! En vir die min­der a­von­tuur­lus­ti­ges is hier ’n bad­ka­mer met ’n bad.

Die blyplek is ge­bou van klip en seil met ’n hout­dek wat hoog teen ’n hang sit. Die ten­te is pri­vaat en het slaap­plek vir ses tot agt men­se. Oor­weeg dit vir ’n na­week­kui­er saam met vrien­de – om die vuur­put in die la­pa is im­mers die bes­te plek om tot laat­aand wê­reld­pro­ble­me op te los.

Die vrien­de­li­ke ei­e­naar, T­heu­nis Kru­ger, sal ’n draai kom maak – hy bly al 31 jaar in die kon­trei en het ’n lek­ker sto­rie of twee: Die Voor­trek­kers het glo die Krans­kop hier na­by vir die pi­ra­mi­des aan­ge­sien en ge­dink hul­le is in E­gip­te – die dat die ri­vier wat ’n hal­we ki­lo­me­ter noord­wes ver­by­vloei, die Groot-Nyl­ri­vier ge­noem word. Wat pla? Hier is er­we te koop in die re­ser­vaat; dus hoor ’n mens soms ’n ge­boor en ge­tim­mer. Kos­te Va­n­af R760 p.n. vir 2 men­se, R240 per ek­stra per­soon en R130 per ek­stra kind (slaap­plek vir 6 men­se). En ’n een­ma­li­ge R50-be­spre­kings­hef­fing. Waar? Die tent­kamp is so­wat 18 km suid­wes van Mo­di­mol­le. Jy draai van die R101 af. Kon­tak 014 161 0724; s­ha­ki­la.co.za >

A­friCamps, Ro­bert­son

Rond­om jou staan die groen heu­wels van die Lan­ge­berg so dig teen me­kaar dat dit lyk as­of hul­le me­kaar uit die pad uit druk so­dat jy elk­een kan sien. Jy sit hul­le en dop­hou met ’n kop­pie kof­fie in die hand op die hout­dek van ’n sa­fa­ri­tent tus­sen die fyn­bos.

A­friCamps het ’n koel kon­sep beet. Die maat­skap­py bou by­der­wet­se self­sorg­tent­kam­pe in ge­ves­tig­de re­ser­va­te en gas­te­pla­se. Dié een is in die Pat Busch-na­tuur­re­ser­vaat.

Op jou bed is wit lin­ne en hier is vars veld­blom­me op die ta­fel. Vir snik­heet so­mer­dae is hier lug­ver­koe­ling en vir koe­ler aan­de ’n kag­gel (en e­lek­trie­se kom­ber­se!).

So­dra jy die dag gegroet het, trek jy jou stap­ste­wels aan en ver­ken die han­ge van die ber­ge op een van drie roe­tes – kyk in die boe­kie in jou tent wat­ter een se gra­di­ënt oor­een­stem met jou fiks­heids­vlak.

Te­rug in die val­lei kan jy op die plaas­dam roei, of gryp gou jou baai­broek en ’n lees­boek en stap na die swem­bad. Gooi jou hand­doek oop op die groen gras­perk en ver­wyl die res van die dag hier.

Hou die son dop soos hy oor die lug­ruim klim en sorg dat jy op jou hout­dek is voor die son ag­ter die berg ver­dwyn. Wat pla? Die werk­op­per­vlak in die kom­buis is piep­klein – daar is by­voor­beeld nie plek vir ’n skot­tel­goe­drak nie – dié moet jy op die e­tens­ta­fel staan­maak. Kos­te Va­n­af R1 140 p.n. vir 2 men­se, R200 per ek­stra per­soon, R100 per ek­stra kind (slaap­plek vir 5). Waar? Die tent­kamp is so­wat 17 km noord­oos van Ro­bert­son op die Klaas­voog­ds-Wes-pad. Kon­tak 063 170 4222; a­fricamps.com Wat nog? A­friCamps het soort­ge­ly­ke tent­kam­pe na­by Oudts­hoorn, S­tan­ford, Ha­zy­view, S­wel­len­dam, P­let­ten­berg­baai en Wil­der­nis.

S­pek­boom-tent­kamp, Ad­do-o­li­fant- na­si­o­na­le park

As ’n mens by die S­pek­boom-tent­kamp stil­hou en die hek ag­ter jou toe­maak, voel dit by­na soos Kers­fees: Net tien men­se mag van­aand hiér slaap, diep in die Ad­do-o­li­fant- na­si­o­na­le park (toe­maar, hier is ’n hei­ning wat die die­re uit­hou). En jy hoef nie tent op te slaan nie!

Dra jul­le goed al met die voet­paad­jie tot by jou tent. Sit die ke­tel op die stoof in die ge­meen­skap­li­ke kom­buis vir kof­fie en gaan loer gou of daar iets aan­gaan by die S­pek­boom-skui­ling. (An­der gas­te het glo al snags o­li­fan­te, hi­ë­nas en selfs re­nos­ters hier ge­sien, maar met ons be­soek is die wa­ter­gat ver­la­te.) Of sit op die stoep voor jou tent met iets kouds, ge­niet die stilte en kyk of ’n rooi­keel­fi­sant jul­le kom groet. Die vyf ten­te is uit­ge­sprei en word om­ring deur spek­bo­me – jy weet dus nie juis van e­ni­ge bu­re nie. Elk­een het twee bed­dens, ’n bed­kas­sie met ’n son­krag­lig­gie, ’n kle­re­kas, twee kamp­stoe­le, ’n kamp­ta­fel­tjie en ’n braai­plek. Bed­de­goed en hand­doe­ke word ver­skaf. Die ge­meen­skap­li­ke a­blu­sie­ge­rie­we het twee warm stor­te en twee spoel­toi­let­te, en die kom­buis ’n gas­stoof, -ys­kas en -vries­kas.

Dis nie ’n luuk­se tent­kamp nie. Maar die lek­ker­te van S­pek­boom lê nie in die ge­rie­we nie. Wan­neer al­mal an­ders by die Ha­poor­dam (2 km van die tent­kamp af) laat­mid­dag die mo­tors moet aan­sluit om be­tyds by die park­hek uit te wees, kan jy nóg ’n ruk­kie sit en kyk hoe drink die o­li­fan­te. Jy bly im­mers net hier an­der­kant!

Pak die vol­gen­de og­gend ’n kof­fie­fles in en ry ’n draai deur die park. Hou stil by die Jack’s-piek­niek­plek (1,5 km van S­pek­boom af). Hier is 20 net­jie­se piek­niek­plek­ke, elk­een met sy eie ta­fel en braai­plek. Of gaan rek laat­mid­dag be­ne by die Ka­douw-uit­kyk­punt ter­wyl jul­le kyk hoe die son sak. Wat pla? Hier is ba­sie­se eet­ge­rei, maar bring jou eie bot­tel- en blik­oop­ma­ker, sny­plank, skerp mes­sie en af­droog­doek. En braai­hout! ’n Kop­lig­gie werk goed vir die paad­jie bad­ka­mer toe. Kos­te R1 019 p.n. vir 2 men­se. Ont­hou: Jy moet ook die be­wa­rings­ta­rief be­taal: vol­was­se­nes: R69 p.p.p.d.; kin­ders: R35 p.d. Gra­tis met ’n Wild Card. Kon­tak 042 233 8600; san­parks.org Wat nog? Tent 5 is die ver­ste van die in­gangs­hek af, maar die naas­te aan die wa­ter­gat – jy moet jou koel­boks ver­der dra, maar kan dan ge­reeld loer of daar ak­sie is.

Oe­wer­zicht­gas­te­plaas, G­rey­ton

Krap jul­le kop oor ’n ve­nue vir Pa se 70ste waar die hé­le fa­mi­lie lek­ker kan saam kui­er? ’n Plek wat elk­een se voor­keur en be­gro­ting pas? Oor­weeg ge­rus die Oe­wer­zicht-gas­te­plaas. Aan die noor­de­kant van die Son­de­rend­ri­vier is twee be­kos­tig­ba­re sa­fa­ri­ten­te en vier een­he­de van klip met ’n ge­meen­skap­li­ke kui­er­plek én stook­bad on­der ’n sta­ning bloe­kom­bo­me. Vir die ge­har­de kam­peer­ders is hier ook ’n kamp­ter­rein ’n ent­jie stroom­op.

Die sa­fa­ri­ten­te met wit lin­ne en spring­bok­vel­le­tjies voor die dub­bel­bed kan jou vir ’n oom­blik laat dink jy’s ie­wers in ’n lod­ge in A­fri­ka. Die ten­te is en sui­te met ’n braai­plek, ys­kas en e­lek­tri­si­teit. Die twee ten­te het elk­een het ’n stel trap­pe tot in die wa­ter.

Nee kyk, jy gaan jou kin­ders heel­dag nie sien nie. Oe­wer­zicht is oord ge­meng met plaas: Hier is groot groen gras­per­ke, klim­ra­me, ’n ten­nis­baan, Tar­zan­toue, ’n hang­brug en ’n soort vlot wat die kin­ders oor die ri­vier kan trek én ’n vrien­de­li­ke skaap­hond!

Dus kan die groot­men­se rus­tig langs die vuur ’n gla­sie klink op Ou­pa. Wat pla? Met ons kui­er het daar soms ’n klan­kie van ’n sep­tie­se tenk ver­by­ge­trek. Kos­te Kamp: R360 p.n. vir 4 men­se, R90 per ek­stra per­soon (slaap­plek vir 6) Sa­fa­ri­tent: R770 p.n. vir 2 men­se. K­lipeen­he­de: R990 p.n. (die een­he­de is nuut en het ’n kag­gel). Hier’s net­jie­se self­sorg­kot­hui­se aan die an­der kant van die ri­vier – va­n­af R1 155 p.n. vir vier men­se. Waar? Oe­wer­zicht is so­wat 10 km wes van G­rey­ton. Die plaas is be­reik­baar met ’n ge­wo­ne mo­tor, maar jy gaan jou sak­ke oor ’n hang­brug moet dra na die ten­te toe. Voer­tuie met ’n hoë grond­vry­hoog­te kan tot by die ten­te ry. Kon­tak 028 254 9831; oe­wer­zicht.co.za Wat nog? G­rey­ton se Roos­fees is die na­week van 27-28 Ok­to­ber, dan kan be­soe­kers gra­tis deur van die plaas­li­ke men­se se tui­ne stap, soms selfs met ’n gra­tis gla­sie von­kel­wyn. Be­spreek som­mer nou.

Tam­bo­ti-tent­kamp, Kru­ger­wild­tuin

Laat ek oop kaar­te speel: Die Tam­bo­ti-tent­kamp is my guns­te­ling-kamp in die wild­tuin. Trou­ens, dis my guns­te­ling-tent­kamp in die wê­reld! Maar kom ons kyk na die feite: Dis in uit­ste­ken­de wild­kyk­ge­bied – nes jy uit­ry by die kamp, is ’n stuk gras­veld waar wil­de­bees­te, se­bras, rooi­bok­ke en soms ’n re­nos­ter of twee wei. Die aas­vo­ëls sit in die bo­me in die tent­kamp en wag vir ak­sie!

T­wee­dens – by­na al die ten­te het ’n uit­sig oor die droë ri­vier­bed­ding van die Tim­ba­va­ti­ri­vier. Klok­slag laat­mid­dag draf ’n hi­ë­na ver­by ter­wyl die bob­be­ja­ne vir die nag skar­rel na die hoë bo­me aan die oor­kant­ste wal. En laat­nag be­gin die saag­huil van ’n lui­perd... en dis net bui­te die kamp.

Bin­ne die kamp is net so baie ak­sie – jy moet pa­raat wees by die braai of ’n ra­tel gaps jou tjop­pie. Na­g­a­pies en skop­sui­le kyk wie kan die hard­ste raas ter­wyl ’n mus­kel­jaat­kat on­der jou tent se hout­dek in ver­dwyn.

Hou die vol­gen­de in ge­dag­te: Die mees­te van die ten­te in die Kru­ger is nie toe­ge­rus is nie – jy deel a­blu­sies en ’n kom­buis. Jou ge­rie­we be­staan uit bed­dens, ’n ys­kas, ta­fel en stoe­le, en ’n braai­plek – jy moet dus jou eie breek­wa­re en din­ge saam­bring as­of jy kamp. Jy kan wel die breek­wa­re huur by ont­vangs teen R50 per nag. As ge­rief vir jou on­on­der­han­del­baar is, bly in een van die luuk­ser, vol­le­dig toe­ge­rus­te en sui­te-ten­te. Die kamp het ook rol­stoel­vrien­de­li­ke ten­te. Wat pla? Die stap na die a­blu­sie­blok in die don­ker­nag kan nog­al angs­wek­kend wees, ver­al vir die met ’n oor­ak­tie­we ver­beel­ding... No. 8, 9, 25 en 26 is na­by die a­blu­sie­blok. Kos­te R646 p.n. vir 2 men­se, R172 per ek­stra per­soon en R86 per ek­stra kind (slaap­plek vir 4) tot R1 488 p.n, vir 2 men­se, R263 per ek­stra per­soon en R132 per ek­stra kind (slaap­plek vir 4) vir die en sui­te-ten­te. Die be­wa­rings­ta­rief is R83 p.p.p.d. Pry­se styg op 1 No­vem­ber. Waar? Die Tam­bo­ti-tent­kamp is langs die Or­pen-rus­kamp by die Or­pen­hek. Die naas­te dorp is Hoed­spruit, so­wat 30 km ver. Kon­tak 012 428 9111; san­parks.org Wat­ter an­der rus­kam­pe het sa­fa­ri­ten­te? S­ku­ku­za, Kro­ko­dil­brug, On­der-Sa­bie, Le­ta­ba en Pun­da Ma­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.