Weg!

CHOKKA-ROETE

-

Die vier dae lange Chokka-slentersta­proete tussen Oesterbaai en St. Francisbaa­i lei jou strandlang­s en deur velde vol fynbos van die een mooi oornagplek na die volgende – watertande­tes ingesluit! Pierre Steyn het dié lekkerte eerstehand­s beleef

Die Red Rocks-pad (S52) net suid van die Shingwedzi-ruskamp in die Krugerwild­tuin is bekend vir luiperds. Ons het stadig oor die laagwaterb­rug oor die droë Shingwedzi­river gery en gewaar toe ’n rooibokkar­kas sowat 15 m van die pad af. Daar was bytmerke aan die nek en ’n deel van die boud was weggevreet. Die oom in die voertuig voor ons vertel toe dat hier ’n luiperd met ’n welpie was.

Ongeveer 25 minute later maak dié luiperdwel­pie sy verskyning. Hy stap tree vir tree tot by die karkas waar hy begin vreet asof dit sy laaste kans is.

Dit was ’n ongeloofli­ke toneel. Gewoonlik as jy op so iets afkom, is daar 50 voertuie wat vorentoe en agtertoe ry met die hoop op ’n beter hoek. Én dan lê die luiperd 300 m ver in ’n bos of ’n boom.

Ons en net nog twee voertuie het vir drie uur lank gesit en die oomblik geniet. Die welpie het later oor die pad na sy ma toe gestap en ons die kans gegee om haar ook te sien hoewel sy in ’n digte bos gelê het.

Hierdie oomblik is iets wat ’n mens verwag in die Sabi Sand- private reservaat, maar as jy geduldig is, bied die Kruger jou dieselfde en selfs beter fotogeleen­thede.

RIAN BOSHOFF, Middelburg

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa