BLY HIER

Weg! - - Inhoud - – Pier­re Steyn

Tyd vir net ’n bie­tjie weg­kom? Oor­weeg die De Rust View Gu­est­hou­se in die hart­jie van die Klein-Ka­roo

Mik vir die dor­pie De Rust as jy die­prus­tig wil raak in die Klein-Ka­roo. Dis so­wat ’n half­uur se ry oos van Oudts­hoorn op die N12. En as jy lus het vir ’n goeie skeut stoep­sit, be­spreek plek in dié gas­te­huis.

Maar moe­nie dat die plat­te­land­se rus­tig­heid jou flous nie. Dit woel on­der die op­per­vlak. De­ka­des lank was De Rust, in die voue van die Swart­berg, hoog­stens ’n twee­don­kie­dorp. Teen die eeu­wis­se­ling het kuns­te­naars, skry­wers, sjefs en en­tre­pe­neurs wat moeg was vir die le­we in die stad, De Rust “ont­dek” en ’n nu­we e­ner­gie in die plek ge­blaas.

Sul­ke in­kom­mers is die joer­na­lis Ben P­re­to­ri­us en regs­ge­leer­de La­nie-Marie Roets wat in 2011 po­ten­si­aal in ’n huis op ’n bult aan die oos­grens van die dorp ge­sien het. Dis ’n plek waar­voor jy dank­baar is ná ’n dag op die pad.

Bly in die gas­te­huis as jy ge­du­ren­de die Klein Ka­roo Kuns­te­fees (ge­woon­lik in Maart) nie lus is vir Oudts­hoorn se ge­roe­se­moes nie. Of kom rus jou tam be­ne in die swem­bad na­dat jy die Mei­rings-poort­half­ma­ra­thon (Ok­to­ber) ge­hard­loop het. (Wenk: dis een van die mooi­ste wed­lo­pe in die land en jy hard­loop meest­al op ’n ge­lei­de­li­ke af­draan­de!)

Jy gaan lank in en om die swem­bad wil kui­er, ver­al laat­mid­dag wan­neer jy diep die Klein-Ka­roo in­staar ter­wyl die Kam­ma­nas­sie- en Swart­berg pienk be­gin kleur. Wat nog? Ben hou ’n ver­sa­me­ling wyn uit die Klein-Ka­roo aan, as­ook bier en koel­drank in sy kroeg in die hoof­huis. Kies ’n bot­tel, skryf dit in die boe­kie op die toon­bank en be­taal dit saam met jou re­ke­ning.

Koop ’n fles van La­nie-Marie se kei­ap­pel­kon­fyt ook. Die kei­ap­pel­boom staan op die erf, en La­nieMa­rie gaan jou aan­moe­dig om ’n klomp van die soet­suur­vrug­gies te pluk en huis toe te neem. Ek het my sa­de ge­droog, laat ont­kiem en die plant­jies is ’n paar maan­de la­ter al twee duim hoog. Waar bly ek? Kam­ma­nas­sie View is ’n los­staan­de self­sorg­een­heid (slaap­plek vir 2 men­se) langs die swem­bad met ’n pri­va­te braai­plek, DStv en ’n kom­bui­sie. Dis jou eer­ste keu­se. Hier is ook vier en sui­te­slaap­ka­mers in die hoof­huis. N­gu­ni is ’n ge­sins­ka­mer met slaap­plek vir 4 men­se, maar vra vir Swart­berg View as jul­le net 2 men­se is. Dis ’n groot ka­mer met ’n pri­va­te stoep en mooi uit­sig­te, as­ook ’n ys­kas, mi­kro­golf, ’n twee­plaat­sto­fie en eet­ge­rei. Jy kan e­tes by La­nie-Marie-hul­le be­spreek. Kos­te Kam­ma­nas­sie en Swart­berg: Va­n­af R875 p.n. vir 2 men­se. Die an­der drie ka­mers is va­n­af R775 p.n. vir 2 men­se. (N­gu­ni: R975 p.n. vir 4 men­se.) Hier is nie kre­diet­kaart­ge­rie­we nie, maar jy kan ’n EFT doen of kon­tant be­taal. Kon­tak 082 6434 649; de­rus­t­view.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.