Weg!

Lendestuks­osaties met soetrissie

-

Vir 6

Voorbereit­yd 10 minute Kooktyd 20 minute

Die kombinasie van die soet speserye saam met die byt van die harissa is onverbeter­lik, veral saam met ’n sappige stukkie vleis. Jy kan die gaar soetrissie­s vir vier tot vyf dae in die yskas hou.

Jy benodig

VIR DIE SOSATIES • 1 kg lendestuk • 1 teelepel gerookte paprika • 1 teelepel borrie • 2 teelepels fyn komyn • 1 teelepel fyn kaneel • 4 knoffelhui­sies, fyngekap • ½ suurlemoen • 4 eetlepels olyfolie • seesout en gemaalde swartpeper na smaak

VIR DIE SOETRISSIE • 1 eetlepel komynsaadj­ies • 4-6 eetlepels olyfolie • 6 rooi of geel soetrissie­s, in repe gesny • 1 teelepel fyn kaneel • 2-3 eetlepels harissasme­er • 4 eetlepels heuning • 1 eetlepel rooiwynasy­n • seesout en gemaalde swartpeper na smaak • ½ klein bossie pietersiel­ie,

fyngekap

Só maak jy

1 Sny die vleis in 4 cm-blokkies en plaas dit saam met al die bestanddel­e in ’n bak of Ziplocsakk­ie. Vryf die speserye goed in

of skud die sak ’n paar keer, en laat dit teen kamertempe­ratuur rus vir 1 uur.

2 Verhit ’n wye platboompo­t of pan oor die kole tot matig warm en braai die komynsaad daarin tot geurig.

3 Voeg die olie en soetrissie by die pan en roerbraai dit vir 10 minute.

4 Voeg die kaneel, harissa, heuning en asyn daarby en geur dit na smaak met sout en peper. Roer vir nog 2 minute, haal van die hitte af en sprinkel die pietersiel­ie daaroor.

5 Braai die sosaties oor matige hitte vir ongeveer 3 minute aan elke kant.

6 Stroop die vleis van die stokkies af en bedien dit saam met die soetrissie. Sit dit voor saam met Griekse jogurt en ’n vars komkommer-rooiui-en-tamatiesla­ai en vars brood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa