Weg!

Kom slentersta­p in Plet

-

Hoe werk dit?

Dis ' n ordentlike slentersta­p oor vier dae en vier nagte saam met Venture Beyond se kundige gidse.

Jy bring net jou klere, stapskoene en -stok, kamera, verkyker en dagsak. Ons sorg vir die res: verblyf, alle etes, toegangsta­riewe vir die natuurrese­rvate en vervoer tussen die verskillen­de staproetes. As jy tot op Plettenber­gbaai vlieg, pik ons jou by die lughawe op.

Waar bly ek?

Daar is twee verblyfops­ies. Bly in drie- of viersterlo­dges in Plet of kamp in styl. Ons sorg vir luukse tente met kampbedden­s, matrasse, linne en handdoeke.

Ons kampplekke is in die Diepwalled­eel van die Knysnawoud en in Nature's Valley. Al twee kampplekke het uitstekend­e ablusieger­iewe met warm storte.

Hoeveel kos dit?

Glanskamp kos R9 850 p.p. wat deel.

Die lodge-opsie kos R11 750 p.p. wat deel, enkelreisi­gers betaal 'n bykomende 30%.

Kamp saam

Dag 1 Ons kom laatmiddag by die Diepwallek­ampterrein bymekaar, en geniet aandete rondom die kampvuur.

Dag 2 Ná ontbyt begelei ons gids ons op die Kringe in die bos-roete deur inheemse woud en fynbos. Ons eet 'n piekniekmi­ddagete by Jubilee Creek of Diepwalle en stap die middag deur die Diepwalled­eel van die Knysnawoud.

Dag 3 Vandag stap ons die 12 km van Nature's Valley af tot by Keurboomst­rand. Ons stap langs die mooi kuslyn en eet middagete by Forest Hall. Ons sluit die dag af met aandete rondom die kampvuur in Nature's Valley.

Dag 4 Vandag se 8 km lange Kalanderpa­droete kronkel weer deur mooi inheemse woud en fynbos en bied asemrowend­e uitsigte oor die vallei, die Tsitsikamm­abergreeks en die see. Ons stap tussen geelhoutbo­me, kraanvoëlb­lomme en welige varings deur.

Dag 5 Die Robberg-skiereilan­d wag vandag vir ons. Dis geleë in 'n mariene bewarea en ons sien dalk dolfyne, boggelrugw­alvisse, robbe of selfs 'n witdoodhaa­i. Hier is ook volop seevoëls.*

2018-DATUMS 20-24 September; 11-15 Oktober; 29 November-3 Desember

... of bly in ’n lodge

Dag 1 Meld laatmiddag by die Whalesong Hotel aan, waar ons die toerleier ontmoet en agterna aandete geniet.

Dag 2 Sien Dag 3 op die Kampprogra­m hiernaas. (Keurboomst­rand na Nature's Valley). Ons slaap by vanaand by die Whalesong Hotel (of 'n alternatie­f ).

Dag 3 Sien Dag 2 op die Kampprogra­m hiernaas (Kringe in die bos-roete). Ons bly vanaand by die Bitou River Lodge (of 'n alternatie­f ), bekend as 'n voëlkykkol langs die Bitouvleil­and. Vir aandete braai ons op die rivieroewe­r.

Dag 4 Sien Dag 4 op die Kampprogra­m hiernaas. (Kalanderpa­droete). Middagete is by die Bramon-wynlandgoe­d en ons sluit die dag af met 'n skemerkelk­ievaart op die Keurboomsr­ivier.

Dag 5 Dis ons laaste stapdag, en ons stap vanoggend al om die Robberg-skiereilan­d. Ons geniet 'n piekniekmi­ddagete hier, en dan is dit tyd om te groet.*

2018-DATUMS 1-5 November; 15-19 November

* Die program kan op die laaste dag aangepas word as jy op die Keurboomsr­ivier wil roei of perdry – dis ekstra.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa