Weg!

Kamp in die Bitouvalle­i waar die natuur jou inspireer

Hierdie mobiele kamp in die hartjie van die Bitouvalle­i naby Plettenber­gbaai is spesiaal ontwerp om by die omgewing in te pas en bied ’n unieke ervaring in die natuur.

-

Geniet ’n gesinswegb­reek waar jy nie ’n vinger hoef te verroer nie – jy kan net ontspan en die natuurlike omgewing om jou in drink. Jy bly in ’n kenmerkend­e, luukse tent, beskut in ’n oeroue woud. Die kos kom uit die plaaslike omgewing en word langs ’n kronkelend­e rivier gemaak en bedien. Stap, roei, ry fiets en kyk voëls saam met ’n gids of ontspan net en herlaai jou batterye in hierdie mooi hoekie van Suid-Afrika.

DIE VOLGENDE AKTIWITEIT­E IS INGESLUIT BY DIE KOSTE*

• Twee gesonde etes per dag, voorberei deur ons boskokke • ’n Begeleide kano-uitstappie op ’n rivier in die omgewing • ’n Begeleide kusstap • ’n Begeleide uitstappie na die Knysnawoud in ons konsessie-gebied van die Tuinroete- nasionale park • Die kamp het sy eie bergfietse en kajakke vir gaste om te gebruik. • Hier is ’n voëlskuili­ng naby die kamp, ideaal vir skemerkelk­ies en fotografie Die volgende aktiwiteit­e is opsioneel en nie ingesluit by die koste nie, maar ’n bekostigba­re pendeldien­s kan gereël word. (Bespreek vooraf.) • ’n Uitstappie na Plettenber­gbaai • ’n Rit op die Keurboomsr­ivierpont • Stand-up paddling- en brander

planklesse • Rekspring van die Bloukransb­rug af • ’n Verskeiden­heid ander aktiwiteit­e

KOSTE

R1 980 p.p.p.n. wat deel, insluitend aandete en ontbyt. Kinders jonger as 10 betaal halfprys; enkelreisi­gers betaal 30% meer. Dié intieme kamp is klein; bespreek vroegtydig om jou plek te verseker. * ’n Minimumver­blyf van drie

nagte word vereis.

 ??  ?? VANA F DESEMBER 2018
VANA F DESEMBER 2018
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? In samewerkin­g met
In samewerkin­g met

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa