STAP SAAM

Wan­del deur Stellenbosch se ag­ter­plaas.

Weg! - - Inhoud -

Kom stap na twee wa­ter­val­le in die Jon­kers­hoek-na­tuur­re­ser­vaat, ver­kyk jou aan fyn­bos en va­rings en drink berg­wa­ter uit die Eer­ste­ri­vier

EER­STE EN TWEE­DE WA­TER­VAL, JON­KERS­HOE­KNA­TUUR­RE­SER­VAAT, STELLENBOSCH

Men­se is soms skaam vir hul­le ag­ter­plaas, maar dis nie die ge­val met S­tel­len­bos­sers nie. S­tel­len­bos­sers se ag­ter­plaas is im­mers die Jon­kers­hoe­kna­tuur­re­ser­vaat. Die lo­cals ry elk na­week berg­fiets teen die ber­ge se hel­lings, stap diep die klo­we in en s­wem in die Eer­ste­ri­vier se poe­le voor­dat hul­le in die mid­de­dorp brek­fis eet...

Dié speel­plek lê aan die ein­de van die Jon­kers­hoek­pad wat ver­by wyn­pla­se en kamp­ter­rei­ne kron­kel deur die ge­lyk­na­mi­ge val­lei. Tal­le stap- en berg­fietspaad­jies loop kruis en dwars deur die re­ser­vaat. As jy heel­dag het en taam­lik fiks is, ta­kel die amp­te­li­ke Pa­no­ra­ma(17 km) of Swart­bos­kloof-stap­roe­te (18 km). Die kor­ter roe­te na Eer­ste en Twee­de Wa­ter­val bied waar­skyn­lik die min­ste in­span­ning en mees­te be­lo­ning. Jy kan die roe­te heen en weer stap in min­der as twee uur (drie as jy by die wa­ter­val­le piek­niek hou) son­der dat die jong­span kla.

Kry ’n per­mit by die in­gangs­hek. Ry so­wat 5 km van die 10 km lan­ge sir­kel­pad in die re­ser­vaat tot voor die laag­wa­ter­brug­gie oor die Eer­ste­ri­vier. Par­keer by een van die in­ham­me. Die be­gin­punt van die Eer­ste en Twee­de Wa­ter­val­roe­te is aan jou reg­ter­kant.

Bin­ne die eer­ste ki­lo­me­ter se ef­fen­se op­draan­de be­sef jy hoe­kom hier­die Wê­reld­er­fe­nis­ter­rein so ge­wild is on­der die dor­pe­naars. Links van jou kab­bel die koue, skoon wa­ter van die Eer­ste­ri­vier oor glad­ge­spoel­de bruin klip­pe. Regs van jou lê vel­de vol baard­sui­ker­bos teen die han­ge, tot waar hul­le die lood­reg­te klip­kran­se van die Jon­kers­hoek­berg tref.

En waar jy pla­te vol proteas het, is jy by­na ge­waar­borg om Kaap­se sui­ker­vo­ëls te sien en hoor. Wees op die uit­kyk vir die vo­ëls met hul­le lang ster­te wat flap­flap wan­neer hul­le van een pro­tea na die vol­gen­de wip.

Ná 1 km is hier ’n smal paad­jie na regs. Dis die af­draai na Eer­ste Wa­ter­val. Toe ons die roe­te in Ju­lie ge­stap het, was dit nie ge­merk nie. Toe­maar, jy sien die wa­ter­val som­mer van die hoof­roe­te af, en dis skaars 400 m se stap deur ’n veld vol res­tio’s en e­ri­kas soon­toe – jy gaan nie ver­dwaal nie.

Die paad­jie ein­dig by ’n ska­du­ry­ke poel aan die on­der­punt van die wa­ter­val. Berg­va­rings groei tus­sen die klam rots­wan­de en rooi­els- en wil­de-a­man­del­bo­me bied skui­ling teen die son. Skep a­sem, eet ’n vrug­te­sta­fie en tap jou wa­ter­bot­tel vol berg­wa­ter.

Stap te­rug op die­self­de paad­jie na die hoof­roe­te en draai regs. Skaars 100 m ver­der kab­bel die stroom van Eer­ste Wa­ter­val ver­by op pad na die Eer­ste­ri­vier toe. Trap ver­sig­tig oor die klip­pe.

Ná die stroom­pie klim die pad ge­lei­de­lik. Jy voel hoe die kloof om jou skou­ers toe­trek en die spit­se al hoe ho­ër weers­kan­te van jou uit­troon.

Op die 2,5 km-merk swenk die paad­jie na regs. Die vol­gen­de 500 m – waar­in jy by­na 100 m styg – is die moei­lik­ste deel van die roe­te. Hier is trap­pe uit­ge­kap wat deur hout­bal­ke ge­stut word, en plek-plek is ’n ys­ter­re­ling aan jou lin­ker­kant om aan vas te hou. Klim rus­tig en moe­nie ver­geet om die na­tuur­skoon om jou te waar­deer nie. Maar trap ver­sig­tig – dis ’n ent­jie se rol tot in die Eer­ste­ri­vier!

As jy vo­ren­toe en op kyk, sien jy die wit streep van die Twee­de Wa­ter­val hoog bo jou af­tui­mel tot in ’n in­heem­se bos. Hou moed, want jy dink nog jy moet ver klim, dan is jy in die bos en by die poe­le.

Trek jou skoe­ne uit en la­we jou voe­te in die wa­ter, en haal jou ham-kaas-en-ta­ma­tie­toe­brood­jie uit jou rug­sak. Hier kan jy ’n kwartier, ’n uur of heel­dag sit en kui­er voor­dat jy die­self­de pad te­rug aan­pak.

Die eer­ste deel is nou skerp af­draan­de, ta­kel dit sta­dig, ve­ral as die rot­se nat is, maar hier­na tel jy spoed op soos die pad na jou mo­tor toe daal.

Moe­nie haas­tig wees nie. Die son sit ho­ër, jy sien die val­lei uit ’n an­der per­spek­tief en bo jou kop sweef die jak­kals­vo­ëls op die lug­stro­me... Kos­te R40 p.p. en R20 per kind (gra­tis met ’n Wild Card). Kaart Vra vir ’n gra­tis kaart by Kaap­se Na­tuur­be­wa­ring se ki­osk as jy die dag­per­mit koop. Af­stand Stap of ry die 5 km van die in­gangs­hek tot by die be­gin­punt (jou VW Po­lo sal dit maak, maar iets met ’n ho­ë­grond­vry­hoog­te is be­ter). Die stap­roe­te is 6,4 km heen en weer (dit sluit die on­ge­veer 800 m na en van Eer­ste Wa­ter­val in). Wa­ter? Jy stap heel­tyd langs die Eer­ste­ri­vier. S­ko­ner wa­ter kry jy nie som­mer nie. Waar? Die na­tuur­re­ser­vaat is so­wat 9 km suid­oos van Stellenbosch. Par­keer bui­te die hek of by die be­gin­punt van die roe­te in die re­ser­vaat. Kom maar vroeg oor na­we­ke – die re­ser­vaat is baie ge­wild. Oop El­ke dag van 7.30 vm. tot 6 nm. van 1 A­pril tot 31 Ok­to­ber; 7.30 vm. tot 7 nm. van 1 No­vem­ber tot 31 Maart. Kon­tak 021 866 1560; ca­pe­na­tu­re.com

– Pier­re S­teyn

BER­GE TOE! Die Eer­ste­ri­vier, wat hier in die Jon­kers­hoek­berg sy oor­sprong het, is pal aan jou lin­ker­kant met die stap na Eer­ste en Twee­de Wa­ter­val.PROTEAS VIR A­FRI­KA (oor­kant­ste blad, van bo). Twee­de Wa­ter­val is op sy mooi­ste op ’n wind­stil en son­ni­ge win­ters­dag ná goeie re­ën wan­neer die baard­sui­ker­bos vol in die blom staan; Trek jou skoe­ne by die poe­le on­der die wa­ter­val­le uit en week jou voe­te in die koel wa­ter. Dit klop e­ni­ge spa­be­han­de­ling, en dis goed­ko­per! Op pad te­rug na jou mo­tor vou die Jon­kers­hoek­val­lei voor jou oop.

BAARD­SUI­KER­BOS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.