TODD MOZZER

Weg! - - Lesersfoto’s Mense Se Lense -

@tool­ti­me­todd Ni­kon D5600 Ni­kon 70-300 mm-lens

TOAST SÊ: Todd is ’n A­me­ri­ka­ner wat dank­sy ’n Suid-A­fri­kaan­se vriend, Carel P­re­to­ri­us, vroe­ër van­jaar op ’n Weg- Botswa­n­a­fo­to­toer be­land het. Hy was pu­re ple­sier vir sy toer­maats, want vir Todd was áls in­te­res­sant.

Todd het heel­tyd vir Carel ge­vra om die bak­kie te stop so­dat hy fo­to’s kan neem van don­kies, groot slag­ga­te, vroue wat hout­bon­dels op hul­le kop dra, ngu­ni­bees­te... Dis din­ge waar­aan Suid-A­fri­ka­ners lank­al ge­woond is, maar wat vir Todd se oë nuut was.

Reis­fo­to’s is ’n kuns. Men­se val soms vas met die i­dee dat hul­le net fo­to’s van “mooi” land­skap­pe of wil­de die­re moet neem wan­neer hul­le deur A­fri­ka toer. Maar dan mis jy als tus­sen­in – dit wat le­we gee aan ’n streek, soos vrug­te­ver­ko­pers langs die pad, of vee­wag­ter­tjies op pad ie­wers heen met ’n kud­de bok.

Dié pont by Mo­hem­bo in die noor­de van die O­ka­van­go-pyp­steel gaan nie meer lank in ak­sie wees nie – die re­ge­ring bou tans ’n brug. Daar­om is dit goed dat Todd dié to­neel vas­ge­vang het. Bin­ne­kort gaan hier­die fo­to deel wees van Botswana se ge­skie­de­nis.

Was jy al op die Mo­hem­bo­p­ont? Dalk is dit tyd om daar te gaan draai voor die wê­reld mak­ker raak...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.