WIL­DE­KUS

Die slen­ter­stap­roe­te tus­sen Port St. Johns en Kof­fie­baai is vei­lig, be­kos­tig­baar en bo­wen­al ’n trots Suid-A­fri­kaan­se er­va­ring. Wam­ke­le­ki­le!

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE EN FO­TO’S ERNS GRUND­LING

Erns Grund­ling s­tap tus­sen Port St. Johns en Kof­fie­baai – vyf dae oor groen heu­wels, deur ne­der­set­tings en ver­by bees­te op die strand. Hier slaap jy saans in ’n hut, eet tra­di­si­o­ne­le kos en koop bier by ’n sje­bien

Ses spik­kels be­weeg teen ’n steil heu­wel uit. Hul­le volg ’n smal voet­paad­jie wat oor die eeue heen deur mens en dier uit­ge­trap is. Dié paad­jies ver­bind hon­der­de klein ne­der­set­tings be­staan­de uit tur­koois of lig­geel hut­te, lap­pies spi­na­sie en mie­lies en spa­za­win­kels oor die gol­wen­de groen land­skap. Dis die vier­de dag van die vyf dae lan­ge stap­tog tus­sen Port St. Johns en Kof­fie­baai, en ons is diép in die voue van die Wil­de­kus. Op lin­ker­hand druis die see langs ’n spier­wit strand, ver­la­te be­hal­we ’n paar koeie wat op die sand lê. Voor en ag­ter ons lê tal­le ri­vier­mon­dings, strand­me­re, kus­wou­de en heu­wels son­der ein­de.

Ek het dié roe­te in 2010 die eer­ste keer ge­stap. Ek wens ek het dit al lank­al weer ge­doen. Want soos ek el­ke paar jaar weer Doug­las A­dams se The Hit­chhi­ker’s Gui­de to the Ga­laxy lees en na die hoog­te­pun­te van die roem­ry­ke 438-krie­ket­wed­stryd op TV kyk, wil ek dié roe­te weer en weer s­tap.

Die af­ge­lo­pe paar dae was sa­lig. S­tap­pers bly en eet by die plaas­li­ke men­se. Jy sien hoe die men­se le­we, en jy be­sef die mees­te Suid-A­fri­ka­ners wil die­self­de din­ge hê: Kos op die ta­fel, ’n dak oor jou kop en ’n skool vir jou kin­ders.

Kom ont­moet jou me­de­mens op hier­die vyf dae lan­ge Wil­de­kus-slen­ter­stap­roe­te. >

STIL STRAN­DE. Op dag 4 – tus­sen Hlu­le­ka en Ts­ha­ni – strek die roe­te meest­al oor groen gras­heu­wels en ver­by stran­de met geen an­der mens­spo­re nie. Die na­tuur voel werk­lik on­ge­rep op groot de­le van dié stap­tog tus­sen Port St. Johns en Kof­fie­baai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.