PATA­GO­NIË

Weg! - - Inhoud -

Dié le­sers het Pata­go­nië in hul­le eie Land Ro­ver ver­ken. Lees hier oor hul­le drie maan­de lan­ge reis deur ys­vel­de en glet­sers

Die le­sers Vi­vi­an en Han­lie Ge­ric­ke het hul­le Land Ro­ver De­fen­der na Suid-A­me­ri­ka ver­skeep en op ’n drie maan­de lan­ge self­ry­toer deur Pata­go­nië ver­trek. Tans is hul­le tuis ter­wyl die Lan­die in Suid-A­me­ri­ka wag vir die vol­gen­de a­von­tuur. Hier is Pata­go­nië se hoog­te­pun­te.

Dis vroeg­og­gend op 13 Ja­nu­a­rie 2017, Han­lie se ver­jaar­dag. Gis­ter­aand was bit­ter­koud by ons kamp­plek langs ’n ri­vier reg on­der die Ex­plo­ra­do­res-glet­ser. Ek rits ’n hoe­kie van die dak­tent se ven­ster oop. Die eer­ste son­stra­le skyn deur die mis op die glet­ser. Droom ek nog? Ek knyp my­self: Ek ís wak­ker en ons ís in Pata­go­nië!

Pata­go­nië is ’n streek aan die suid­punt van Suid-A­me­ri­ka. Dit strek oor Ar­gen­ti­nië en C­hi­li en sluit die sui­de­li­ke deel van die An­des­ge­berg­te in.

Hoe be­land twee men­se van in die ses­tig in Pata­go­nië, won­der jy dalk. Ek en Han­lie het in 2016 af­ge­tree. Dit was vir ons ’n kom­mer­wek­ken­de ge­dag­te. Wat op aar­de gaan ons doen? Ons hou daar­van om te toer, maar was al by die mees­te tra­di­si­o­ne­le be­stem­mings in Sui­der-A­fri­ka.

Ons goeie vriend Jo­han Ver­lo­ren van T­he­maat stel toe Suid-A­me­ri­ka voor... in ons eie voer­tuie. Nog ’n re­de hoe­kom ons SuidA­me­ri­ka ge­kies het, is om­dat ons al­bei s­tap­pers is – ons het juis 40 jaar ge­le­de op ’n stap­tog in die Bo­land­se ber­ge ont­moet.

En se­dert daar­die stu­den­te­dae wou ons nog al­tyd die An­des­ge­berg­te be­leef. >

Ná ’n berg na­vor­sing en voor­be­rei­ding ry ons op ’n mooi dag in Ok­to­ber 2016 van P­re­to­ria na Kaap­stad, waar ’n 44 voet-vrag­hou­er in die ha­we wag. Ons Lan­die, ’n 2006 De­fen­der 300 Tdi Ka­la­ha­ri, is eer­ste in, ge­volg deur Jo­han se Land Crui­ser. Die voer­tuie is vas­ge­maak, die deu­re van die vrag­hou­er ge­se­ël en ons het ons ry­goed se­nu­ag­tig ge­groet. Gaan al­les in een stuk aan die an­der kant uit­kom? Gaan hul­le é­nig­sins daar uit­kom?

Die voer­tuie het eers na S­pan­je en toe na Mon­te­vi­deo, Uru­guay, ge­vaar. Ses we­ke la­ter vlieg ons na Ar­gen­ti­nië se hoof­stad, Bu­e­nos Ai­res, en vaar met ’n pont na Mon­te­vi­deo. Drie dae la­ter is die pa­pier­werk af­ge­han­del en die no­di­ge ta­rie­we be­taal. Die se­ël op die vrag­hou­er is oop­ge­sny en die deu­re oop­ge­maak. Die voer­tuie was net soos ons hul­le ge­los het. Na­dat ons die bat­te­ry ge­kop­pel het, het al twee met die eer­ste draai van die sleu­tel ge­vat!

Die re­a­li­teit het eg­ter aan­ge­meld toe ons laat die Vry­dag­mid­dag uit die ha­we ry… tot ín die spits­ver­keer. My se­nu­wees was aan flar­de! Maan­de van on­be­ken­de paaie het voor­ge­lê; dit was ’n uit­da­ging om aan die reg­ter­kant van die pad te ry, en om nie ’n woord S­paans te ver­staan nie… Wat gaan ons doen as die Lan­die ’n me­ga­nie­se pro­bleem kry? Wat as ons in ’n on­ge­luk is? Wat as ons me­die­se hulp no­dig het?

Van Mon­te­vi­deo af het ons te­rug­ge­reis tot in Ar­gen­ti­nië en suid­waarts ge­ry na Us­hu­aia, die mees sui­de­li­ke dorp in Pata­go­nië – ’n vol­le 5 000 km ver!

Op Us­hu­aia het ons seun, Ti­aan, by ons aan­ge­sluit en twee we­ke lank saam ge­toer. Van daar af het ons die rug­graat van die An­des weer noord­waarts ge­volg. Hier is vyf din­ge oor dié tog wat my al­tyd sal by­bly.

1 Die An­des

Ons het in wê­reld­be­ken­de plek­ke in die An­des­ge­berg­te ge­stap en ge­kamp: Tor­res del Pai­ne­na­si­o­na­le park, Cer­ro Cas­til­lo- na­si­o­na­le re­ser­vaat en die Sui­de­li­ke en Noor­de­li­ke ys­vel­de. En ons was by die voet van die be­ken­de Berg Fit­zroy (3 375 m). Dié plek­ke lê ’n paar hon­derd ki­lo­me­ter uit me­kaar al langs die An­des­ge­berg­te en weers­kan­te van die grens tus­sen Ar­gen­ti­nië en C­hi­li.

Tor­res del Pai­ne (“blou to­rings”) is se­ker C­hi­li se be­kend­ste park en dui­sen­de toe­ris­te kom s­tap el­ke jaar hier. Die hoog­te­punt van die park is die drie gra­niet-“to­rings” (sien die kas­sie op die oor­kant­ste blad.)

’n Paar hon­derd ki­lo­me­ter noord van Tor­res del Pai­ne, in Ar­gen­ti­nië, lê die Pe­ri­to Mo­re­no-glet­ser.

An­ders as die oor­gro­te meer­der­heid glet­sers op aar­de lyk dit as­of Pe­ri­to Mo­re­no gro­ter word

en nie kwyn nie. Dit was ’n an­der­wê­reld­se er­va­ring om die ge­kraak en ge­rom­mel van die ys te hoor.

El C­hal­tén is ’n klein toe­ris­te­dorp in die Los Gla­ci­a­res- na­si­o­na­le park – noord van Pe­ri­to Mo­re­no, steeds in Ar­gen­ti­nië. Hier is Berg Fit­zroy die groot trek­pleis­ter – dié piek lok klim­mers van reg oor die wê­reld. Ons het ’n paar dae in die park ge­kamp en ge­stap.

2 Koue kwa­draat

Die Pata­go­nie­se ys­veld tus­sen C­hi­li en Ar­gen­ti­nië is die groot­ste ter wê­reld bui­te die pool­stre­ke. Die Sui­de­li­ke ys­veld is so­wat 350 km lank en be­slaan ’n ge­bied van so­wat 12 300 km2, wat do­sy­ne glet­sers in die om­ge­wing voed. Saam met die klei­ner Noor­de­li­ke ys­veld (4 200 km2), is die ge­bied so­wat 85% van die Kru­ger­wild­tuin se groot­te. >

Jy kyk uit oor blou­wit ys­ri­vie­re wat sta­dig be­weeg. Kort-kort hoor jy hoe groot stuk­ke ys af­breek en in die me­re val waar­teen die glet­sers ein­dig. On­ge­luk­kig word die ys­vel­de klei­ner weens kli­maats­ver­an­de­ring.

Pata­go­nië se be­rug­te wind het sy re­pu­ta­sie ge­stand ge­doen. Ons het win­de van tot 100 km/h be­leef. As dit van voor af was, kon die Lan­die net sta­dig vo­ren­toe kruip. Na­by Berg Fit­zroy het ons ’n se­nu­ter­gen­de voor­val be­leef: ’n Ruk­wind het Han­lie aan haar rug­sak ge­gryp, van haar voe­te af ge­lig, in die rond­te laat tol en haar op rot­se na­by laat val. Ge­luk­kig het sy net ’n blou oog en ’n paar kneus­plek­ke oor­ge­hou. Om aan die ge­na­de van die e­le­men­te oor­ge­laat te wees was in­ti­mi­de­rend, maar dit het op die ou ein­de ge­sorg vir ’n a­von­tuur­li­ke reis.

3 Land­skap van ui­ter­stes

Pata­go­nië se land­skap wis­sel baie. In Ar­gen­ti­nië voel dit as­of jy in die Tank­wa-Ka­roo rond­ry – dis droog en ver­la­te. In C­hi­li is die land­skap we­lig en groen met re­ën­wou­de op plek­ke. Daar is plek­ke wat meer as 3 500 mm re­ën per jaar kry!

C­hi­li is lank en smal en die sui­de­li­ke der­de van die land is ’n lap­pies­kom­bers van ei­lan­de, ri­vie­re en mon­dings. Hier loop net een pad – die Car­re­te­ra Aus­tral – van noord na suid. Dis waar­skyn­lik die mooi­ste pad in Suid-A­me­ri­ka – of dalk ter wê­reld! Hier’s o­ral wa­ter: ri­vie­re, me­re, ys én sout­wa­ter­me­re. Die C­hi­le­ne het ’n pont­net­werk dwars oor Pata­go­nië ge­ves­tig. Die aan­tal pon­t­roe­tes mors met ’n mens se kop en ons het ’n he­le paar krui­sings ge­doen.

4 Lank leef die bos­kamp!

Ar­gen­ti­nië en C­hi­li is re­la­tief vei­lig en ons het om­trent een uit drie aan­de ’n bos­kamp ge­maak, waar ons som­mer net ge­kamp het op ’n kol ’n ent weg van die hoof­pad af.

Dit was op­win­dend om self­on­der­hou­dend te wees en som­mer in die na­tuur te kamp. Ons het ’n app met die naam I-O­ver­land ( i­o­ver­lan­der. com) ge­bruik. Dit word voort­du­rend by­ge­werk deur an­der rei­si­gers, en was nut­tig as ons ’n kamp­plek soek (amp­te­lik of nie­amp­te­lik). Ons het net ge­kamp en glad nie in gas­te­hui­se of be­den-ont­byt­plek­ke ge­bly nie.

5 Land Ro­ver-ka­me­raad­skap

Het jy al ooit pro­beer om – in S­paans – aan ’n mo­tor­werk­tuig­kun­di­ge te ver­dui­de­lik dat jou Land Ro­ver se u­ni­ver­sal joints ge­ghries moet word?

Die band tus­sen Land Ro­ver-ei­e­naars is net so sterk soos in Sui­der-A­fri­ka. Jy sien nie so baie nie, ver­al nie van die nu­wer soort Dis­co­ve­ry of Ran­ge Ro­ver nie, maar as jy ’n Lan­die sien, groet die be­stuur­der jou al­tyd. En as jy hulp no­dig het, sal ie­mand van die Ar­gen­tyn­se Land Ro­ver-klub by­stand bied.

Die Crui­ser-men­se het se­ker al­mal die­self­de vraag… Nee, ná by­na 37 000 km het die Lan­die ons nie een keer in die steek ge­laat nie!

VI­VI­AN EN HAN­LIE GE­RIC­KE Tuis­stad P­re­to­ria Be­roep Af­ge­tree

I­KO­NIE­SE PATA­GO­NIË (hoof­fo­to). C­hi­li se Tor­res del Pai­ne (blou to­rings) soos ge­sien van die kris­tal­hel­der­wa­ter van die Pe­hoé­meer af.

TRU (links). Vi­vi­an en Han­lie se a­von­tuur het ’n paar veer­boot­krui­sings in­ge­sluit soos hier by Pu­er­to Yun­gay, C­hi­li, waar hul­le die Lan­die in tru­rat tot op ’n veer­boot ge­naamd Don Fer­nan­do moes kry.

SOOS ’N PRENT­JIE. Vi­vi­an en Han­lie het op hul­le reis nét ge­kamp. Soms by kamp­plek­ke, maar ook wild soos on­der die Ex­plo­ra­do­res-glet­ser in C­hi­li (bo); Han­lie by die Tor­res del Pai­ne (fo­to oor­kant).

BLOUSTE BLOU. Han­lie kyk uit oor die Ge­ne­ral Car­re­ra-meer, wat oor C­hi­li én Ar­gen­ti­nië strek. In Ar­gen­ti­nië word dit die Bu­e­nos Ai­res-meer ge­noem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.