RUBRIEK

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE LIE­SL DE BEER SKETS FRED MOUTON

Lie­sl de Beer se ge­sin het hul­le el­ke jaar oor­tref met hul­le jaar­lik­se Kers­kon­sert – kos­tuums en al! En een jaar het hul­le dit laat snééu...

Hoe­kom dra Kers­va­der el­ke jaar an­der skoe­ne? Sal Kers­va­der Tor­ra­baai kan op­spoor om ge­sken­ke af te le­wer? En hou hy van Ta­fel La­ger?

My ma kon lek­ker kwaai wees. Maar die ver­snip­per­de kus­sing en die sneeu­ve­re oor die werf het sy daar­die dag mis­ge­kyk, al was dit ou­ma Hart se kus­sing, sélf ge­stop met haar eie gan­se se ve­re. Ma was nie kwaad nie, want dit was Kers­fees.

In ons huis was daar met Kers­fees nooit geld vir duur ge­sken­ke nie, maar daar was al­tyd ’n hoop klein pre­sen­tjies wat als van haar­knip­pies, wind­buks­pa­tro­ne, pot­lo­de, plas­tiek­hor­lo­sies en hand­ge­maak­te i­tems kon wees. Die boom was ook nooit soos die dorps­men­se s’n ge­koop nie. Dit was ’n af­ge­saag­de den­ne­tak wat in ’n o­lie­drom vol klip­pe ge­druk is. Die drom is met kreu­kel­pa­pier toe­ge­draai om die “Cas­trol” en dui­ke te be­dek. Dae voor die tyd is dit ver­sier: ge­verf­de toi­let­pa­pier­rol­le­tjies, pa­pier­ket­tings en -krul­le, en ster­re wat uit kits­kof­fie­blik­ke se foe­lie­dek­sels ge­sny is. Teen Kers­dag was die tak al goed ver­lep, maar nie­mand het om­ge­gee nie.

Ons – vyf sus­ters en ’n laat­lam­broer – het ons­self oor­tref met die Ou­kers­aand­kon­sert. ’n Week lank is daar ag­ter ge­slo­te deu­re in die sit­ka­mer ge­oe­fen, on­der die wa­ken­de oog van my twee­de oud­ste sus­sie, Al­ta. Sy was mal oor or­ga­ni­seer (sy het ja­re la­ter Tol­we se trom­pop­pies in die hit­ti­ge Bos­veld af­ge­rig) en het die vier van ons al­tyd eers in ’n ry laat staan, van kort na lank, pre­sies soos die koor­juf­frou by die skool ge­maak het.

Die skui­we­ry en op­stel­le­ry van die koor op ver­skil­len­de hoog­tes en plek­ke het lan­ger ge­vat as die oe­fe­ning self. “S­til­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.