WIELE

Die nu­we sak­pas 4x4-weer­ga­we van die im­mer­ge­wil­de Toyo­ta For­tu­ner se be­ne is ef­fens kor­ter, maar sy hart is ook gro­ter – en dit maak hom een van die slim­ste ko­pies van 2018.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE BRAAM PEENS

Lees hier hoe­kom Braam Peens meen die nu­we 4x4-weer­ga­we van die Toyo­ta For­tu­ner is een van 2018 se slim­ste ko­pies

Die Pan-Suid-A­fri­kaan­se Taal­raad het in Ok­to­ber van­jaar die fra­se “ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding” as die uhm, woord van die jaar aan­ge­wys. Grond is ’n e­mo­si­o­ne­le kwes­sie. Maar dalk moes die woord “re­ses­sie” éint­lik die toe­ken­ning ge­kry het.

Laas­ge­noem­de raak al­mal, maar ver­al ban­de­skop­pers wat hul­le vi­sier nood­ge­dwon­ge la­er moet rig. As jy van­te­vo­re jou oog op ’n BMW ge­had het, oor­weeg jy nou ’n Volks­wa­gen... of ’n 2.4 ℓ For­tu­ner pleks van ’n 2.8 ℓ-mo­del.

Ja, Toyo­ta was slim ge­noeg om die ga­ping in sy mo­del­reeks toe te stop met die toe­voe­ging van ’n ou­to­ma­tie­se vier­trek­va­ri­ant vir die 2.4-die­sel­mo­del. En dis ’n skuif so be­re­kend soos die on­lang­se aan­wy­sing van Ti­to M­bo­we­ni as fi­nans­mi­nis­ter, want dié 2.4-tjok­ker­tjie spaar jou ’n vol­le R113 000 teen­oor sy 2.8 ℓ-groot­boet. Ten kos­te van net 20 kW en 50 Nm.

Jy’s ook e­lek­tries ver­stel­ba­re sit­plek­ke en sa­tel­liet­na­vi­ga­sie kwyt, waar­van laas­ge­noem­de ’n aan­vaar­ba­re kom­pro­mis is in die al­om­teen­woor­dig­heid van slim­fo­ne en af­lyn­kaar­te. ’n Mens sluk eg­ter ef­fens swaar­der aan die af­we­sig­heid van ’n leer­be­dek­te stuur­wiel in hier­die half­mil­joen­rand­se voer­tuig: kud­des bees­te is al ge­of­fer vir die ge­rief van veel goed­ko­per mo­tors.

Selfs op die snel­weg loop die 2.4 stil­ler as die ge­swyg rond­om ’n drei­gen­de bank­kri­sis: dis die goeie nuus. Nou en dan sal ’n steil­te die en­jin uit­daag en kan die ou­to­ma­tie­se rat­kas se ge­jaag na ’n la­er rat nog­al steu­rend wees. Die blou-op-swart in­lig­ting­ver­toon­skerm word ook on­lees­baar so­dra die son daar­op skyn.

Maar al­les in­ag­ge­no­me is bo­ge­noem­de toe­ge­wings eer­der as te­kort­ko­min­ge, want dié sui­ni­ge, sin­vol­le For­tu­ner sal dalk nie da­de­lik jou siel soos ’n 2.8 ℓ-vlag­skip roer nie, maar hy’s wel die een wat uit­ein­de­lik jou boe­ke laat klop. En jou daar­om die lek­ker­ste laat droom. Nag, ou gro­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.