MEN­SE SE LENSE

Weg! - - Inhoud -

Die Dra­kens­berg teen dag­breek, ’n Him­ba-kamp­vuur on­der die ster­re­lug en ’n die­re­par­ty­tjie in E­tosha... pryk jou fo­to dié maand op ons blaaie?

Ca­non EOS 7D Sig­ma 18-50 mm-lens

MARK VER­TEL: Die om­ge­wing rond­om die Di­di­ma-kamp in die Cat­he­dral-streek van die Dra­kens­berg is my guns­te­ling dank­sy die klas­sie­ke land­skap.

Dié fo­to is teen dag­breek ge­neem met die vol­gen­de ver­stel­lings: slui­ter­spoed 1/50ste van ’n se­kon­de, lens­o­pe­ning f8 en ISO 100.

In my jong­dae het ek ge­reeld in die Dra­kens­berg gaan s­tap, maar dit voel die laas­te ruk as­of die ber­ge stei­ler en ho­ër ge­word het! Ek s­tap nou maar in die voet­heu­wels rond.

My dog­ters het ge­luk­kig ’n lief­de vir dié ber­ge by my en my vrou ge­ërf en hul­le nooi ons ge­reeld om saam met hul­le daar te gaan uit­span. Dan s­tap ek rond en neem fo­to’s en dink te­rug aan die dae toe ek die pie­ke be­styg het. TOAST SÊ: ’n Mens hoef ge­luk­kig nie ’n piek uit te klim om ’n tref­fen­de fo­to te neem nie – soms is die bes­te fo­to van jou ron­da­wel se stoep af!

Selfs wan­neer die lig reeds goed is – en daar ook ’n bie­tjie mis­tig­heid is om ek­stra dra­ma aan jou land­skap te ver­leen – moet jy steeds aan­dag gee aan jou kom­po­si­sie. Jy kan din­ge een­vou­dig hou. Vra jou­self hoe be­lang­rik die lug is vir jou fo­to? In Mark se ge­val het die dag­breek se goue lig nog bo die ber­ge in die wol­ke ge­hang, en daar­om was dit wys om een der­de van die raam daar­aan af te staan.

Maar wat van die voor­grond? Son­der die berg­hang in die on­der­ste der­de van die raam sou die groen ver­lo­re ge­gaan het, en ook die sin van skaal wat die huisie daar (kyk fyn) aan die to­neel ver­leen.

Dis in die haak, Mark, jy kan maar om die ron­da­wel rond­stap en fo­to’s neem. Die berg­gees­te klop nog sterk bin­ne jou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.