BLY HIER

Weg! - - Inhoud - – E­van Nau­dé

Kom kyk hoe mond twee ri­vie­re sáám by die see uit by Dub­bel-mond­na­tuur­re­ser­vaat na­by Morganbaai

Ont­hou jy daai law­we dou­ble rain­bow- YouTu­be­vi­deo wat op ’n tyd die ron­de ge­doen het? Wel, by Dub­bel­mond kan jy sien hoe twee ri­vie­re – die Qu­ko en KuM­qot­wa­ne – sáám in die see uit­mond.

Teg­nies val die re­ser­vaat­jie net-net bui­te die “amp­te­li­ke” Wil­de­kus, want dit lê suid van die Kei­ri­vier. Maar as jy ’n plek soek om te kamp son­der ska­res, mu­siek wat oor luid­spre­kers blêr en sterk­man­kom­pe­ti­sies, mik hier­heen.

Dub­bel­mond het nie cha­lets, ’n win­kel of ’n room­y­strok­kie nie, maar die kamp­ter­rein is een van die mooi­stes langs die gan­se kus.

Die staan­plek­ke lê in ’n half­maan so­dat al­mal ’n see-uit­sig het, en in die mid­del is ’n gras­perk waar die kin­ders krie­ket en stuck-in-the-mud kan speel. En ont­hou jy nog van klip­vis­sies vang en see­ster­re­tjies in rots­poe­le soek? Hier­die is een van daai stran­de!

Jy kan ook jou lyf ar­ge­o­loog hou: Die Por­tu­gue­se skip San­to Espi­ri­to het glo in 1608 ie­wers langs dié kus­lyn ge­strand. Op Be­ad Be­ach so­wat 20 mi­nu­te se s­tap suid van die ri­vier­mon­ding kan jy snuf­fel vir por­se­lein en kor­na­lyn­kra­le wat deel van die vrag was. Kyk wan­neer is dit laag­wa­ter, want jy moet die mon­ding van die Quko­ri­vier oor­steek. Waar kan ek s­tap? Van Be­ad Be­ach af kan jy aan­hou s­tap tot op Ha­ga Ha­ga, 9 km van die kamp­ter­rein af. Of mik noord­waarts van die kamp­ter­rein af en s­tap die 4 km tot op Morganbaai. Die paad­jie kron­kel al langs kran­se met ’n 180° -uit­sig oor die kus­lyn, wat jou aan die Mo­her-kran­se in Ier­land her­in­ner. Wat nog? Al­kant van die ri­vier­mon­ding is uit­ste­ken­de plek­ke vir kus­hen­gel. Kry ’n per­mit by ’n pos­kan­toor (die naas­te een is op Ken­ta­ni) en gooi lyn vir mos­sel­kra­ker en ka­bel­jou. Laai die ge­sin se berg­fiet­se op die fiets­rak om die voet­paad­jies rond­om die kamp­ter­rein plat te ry. Ge­rie­we en kos­te. Hier is 30 staan­plek­ke (6 men­se elk) met ’n kraan, krag­punt en braai­plek. Va­n­af R238 p.n. Be­wa­rings­ta­rief is R11 per vol­was­se­ne en R6 per kind per dag. Wat pla? Ont­hou net ’n grond­seil, want die staan­plek­ke het min gras van­weë die groot bo­me.

Die strand voor die kamp­ter­rein is klip­pe­rig; dus s­tap jy so­wat 500 m om ’n kop as jy op die sand on­der sam­bre­le wil uit­span. Waar? Dis so­wat 4 km suid van Mor­gans­baai. Jy kan hier uit­kom met ’n ge­wo­ne se­dan. Kon­tak 043 492 0883; vi­si­te­as­ter­n­ca­pe.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.