DOEN DIT

Weg! - - Inhoud - – François Haas­broek

Hap mon­de vol vars lug op die Ama Zing Z­wing-ka­bel­g­ly­toer by Broe­der­stroom

Ná ’n week van sit in Gau­teng se ver­keer smag ’n mens na vars lug en om iets be­vry­dends te doen. Hoe klink ’n foe­fie­slaaid? En nie som­mer e­ni­ge foe­fie­slaaid nie, maar ’n ka­bel­g­ly­toer van 1,3 km!

Dié glyfoe­fie het in die 1990’s ont­staan toe bo­ta­nis­te met ka­bels oor die re­ën­wou­de in Sen­traal­A­me­ri­ka ge­gly het om na­vor­sing te doen. Kort voor lank het die gier pos­ge­vat on­der toe­ris­te en a­von­tuur­soe­kers. Suid-A­fri­ka het land­wyd heel­wat van hier­die ka­bel­g­ly­toe­re.

Gau­teng het ook een in sy ag­ter­plaas. By Ama Z­wing Z­wing, on­ge­veer 40 km van P­re­to­ria af, gly jy van plat­form tot plat­form deur die Ma­ga­lies­berg se kop­pies.

Jy word eers toe­ge­rus met die no­di­ge vei­lig­heids­toe­rus­ting by die kan­toor. In jou helm en har­nas lyk jy soos daai ou­ens wat wol­ke­krab­bers se ven­sters was.

By die eer­ste plat­form ver­dui­de­lik die in­struk­teur waar om vas te hou, hoe om te rem en om jou be­ne te lig wan­neer jy by die vol­gen­de plat­form teen ’n spoed aan­kom. Ek was te be­sig om fo­to’s te neem en my ma­er­mer­ries bly toe in die slag – dit kom nou van nie luis­ter nie. Met die vei­lig­heids­praat­jies ag­ter die rug word jy ge­haak aan die ka­bel, en daar ga-a-at jy! Eers is jy te bang om af te kyk, maar half­pad deur die eer­ste gly be­gin jy tog rond­kyk oor die val­lei en die Kro­ko­dil­ri­vier in die ver­te. Kyk, dóér wei ’n paar se­bras.

Hier is se­we ka­bels, en as jy klaar ge­gly het, s­tap jy na die vol­gen­de plat­form, haak aan en gly ver­der – tot on­der in die val­lei.

By die hoog­ste plat­form skep jul­le ’n bie­tjie a­sem met ’n Kit-Kat en ’n bot­tel­tjie wa­ter.

Heel on­der wag ’n bak­kie wat jou gaan af­laai by jou voer­tuig. En teen Maan­dag­og­gend wens jy daar was ’n ka­bel­gly werk toe... Kos­te R450 p.p. en R350 vir sko­lie­re. Die prys sluit ook ’n R50-af­slag­koe­pon by A­man­zing­we Lod­ge se re­stau­rant in. Kin­ders moet ou­er as 7 jaar wees. Oop? El­ke dag van 8.30 vm.-3 nm. Toe­re ver­trek el­ke half­uur. Groe­pe van tus­sen 2 en 8 men­se word op ’n slag ge­neem. Die he­le toe­tie duur so­wat 45 mi­nu­te, maar dit hang af hoe groot die groep is. Waar? Dis so­wat 1 km oos van Broe­der­stroom op die R512, by die A­man­zing­we Lod­ge. Kon­tak 082 803 7731; a­ma­z­wing­z­wing.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.