Met my eie oë

Weg! - - Inhoud -

WJ NORTIER: In Au­gus­tus het ons groep met vier voer­tuie by die Ny­a­me­pi-kamp­plek in die Ma­na­poe­le­na­si­o­na­le park ge­kamp. Ek is ’n veld­wag­ter by die Sa­bi Sand-wild­re­ser­vaat en weet dat die­re – dit maak nie saak waar jy is nie – al­tyd wild bly en ver­sig­tig be­na­der moet word. Tog het ons Ma­na se o­li­fan­te as rus­tig er­vaar: Hul­le het met hul­le daag­lik­se le­we aan­ge­gaan as­of ons nie daar was nie. Ma­na se kam­pe is nie om­hein nie en daar­om loop die o­li­fan­te ge­reeld deur op soek na sa­de van ver­al a­na­bo­me.

Ek het die o­li­fan­te dop­ge­hou en daar was geen te­kens van span­ning of on­se­ker­heid ter­wyl hul­le tus­sen die kam­peer­ders ge­wei het nie.

Ek was die jong­ste in die groep en my ou­ers, wat van M­bom­be­la af kom, was ook saam. Op die laas­te mid­dag van ons be­soek het ek be­sluit om my kamp­bed­jie bui­te die tent te sit vir ’n bie­tjie koe­lig­heid. Ek het nie ge­dink ek sal aan die slaap raak nie, maar ek het.

NOUE ONTKOMING, MANAPOELE, ZIMBABWE

RIANA NORTIER (WJ SE MA): Soos dui­de­lik ge­meld word by die ont­vangs­kan­toor, moet jy nooit die die­re se be­we­ging be­lem­mer nie. Jy moet by­voor­beeld nie tent op­slaan in see­koei­paad­jies of on­der bo­me waar o­li­fan­te peu­le eet nie. Die o­li­fan­te het el­ke dag ’n draai by die spe­si­fie­ke boom na­by WJ se tent ge­maak, dus was hul­le ver­sky­ning glad nie on­ge­woon nie. Ons het el­ke keer na ons ka­me­ras ge­gryp, want die men­se by die huis sal ons mos nooit glo dat o­li­fan­te so na­by jou ver­by s­tap nie.

WJ: Ek was so­wat 15 mi­nu­te aan die slaap toe ek wak­ker word van die ge­voel dat ie­mand my aan my hemp van die bed af pro­beer op­tel 1 . My eer­ste ge­dag­te was dat ie­mand my ge­duld wil be­proef met ’n “swak grap”…

RIANA: Ons het die bul sien na­der kom en hy het vreed­saam aan die peu­le ge­ëet on­der die a­na­boom

na­by WJ se tent. Soos ge­woon­lik het ek fo­to’s met my Ca­non SX 60HS ge­neem.

Ons het vir geen oom­blik ge­dink WJ is in ge­vaar nie, daar­om het ons hom ook nie pro­beer wak­ker skree nie – dit kon dalk die o­li­fant ont­stig.

WJ: Ek het op my maag ge­lê en my kop was weg­ge­draai van die o­li­fant af. Ek het in ’n split­se­kon­de be­sluit om stil te lê in ’n po­ging om die “grap­jas” se krag te toets. Toe ek half­lyf in die lug was, het ek be­sef hier’s moei­lik­heid. Toe ek my kop draai en die o­li­fant sien 2 , het ek in­stink­tief my reg­ter­arm op­ge­lig ter self­ver­de­di­ging, en iets soos “Nee!” ge­skree.

Soos ge­sien kan word op die eer­ste fo­to, was die o­li­fant se slurp na my uit­ge­strek toe hy my pro­beer op­tel het. Ná my be­we­ging het die spa­sie klei­ner ge­word. Ek ont­hou hoe sy voor­be­ne teen die kamp­bed ge­stamp het. Ons het vir wat soos ’n e­wig­heid ge­voel het, me­kaar in die oë ge­staar. Hy was so na­by dat ek slegs op sy reg­ter­oog kon fo­kus. Ek het be­sef dat die o­li­fant my gaan dood­maak, en dat ek niks daar­aan kan doen nie. Vlug was nie ’n op­sie nie – hard­loop sou die ver­keer­de ding wees om te doen. Ek het stil bly lê en die o­li­fant het ná ’n paar oom­blik­ke weg­be­weeg as­of niks ge­beur het nie.

Daar was so­veel ge­dag­tes wat in daai sta­di­um deur my ge­kop ge­flits het. As veld­wag­ter het ek al ge­sien hoe soort­ge­ly­ke si­tu­a­sies le­lik ein­dig, maar dié spe­si­fie­ke o­li­fant was my ge­na­dig. Net hy sal weet hoe­kom.

RIANA: Toe WJ om­draai ná die ge­trek aan sy hemp –

3 wys waar die o­li­fant aan sy hemp ge­raak het – en in die o­li­fant vas­ge­kyk het, het hy ver­steen bly lê. Ek moet sê, al het ek dié fo­to’s ge­neem, was ek ook by­na lam van skok. Dit het so vin­nig ge­beur en kon baie an­ders ge­ëin­dig het.

WJ: Ek glo o­li­fan­te kan aan­voel wan­neer ie­mand ge­span­ne is in sy teen­woor­dig­heid. Dit het ’n groot uit­wer­king op hoe die o­li­fant teen­oor jou gaan re­a­geer.

Dis ook be­lang­rik om te be­sef dat die di­na­mi­ka en vei­lig­heid dra­ma­ties ver­skil rond­om ’n teel­trop teen­oor ’n bul wat op sy eie is. Dis ’n feit dat jy tot el­ke prys e­ni­ge in­ter­ak­sie met teel­trop­pe moet ver­my aan­ge­sien die koeie on­ver­wags ag­gres­sief kan raak as daar kal­fies in die trop is. Daar is nie re­ëls as dit by die na­tuur kom nie.

’n Laas­te bie­tjie raad: As jy jou in ’n si­tu­a­sie soos dié be­vind, glo ek dis be­ter om pas­sief te wees eer­der as re­ak­tief – maar el­ke si­tu­a­sie het sy me­rie­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.