PIERRE SE BRIEF

Weg! - - Inhoud - REDAKTEUR PS­[email protected]­dia24.com

Men­se hou van reis, al is die be­stem­ming ver en al skud dit jou beur­sie. Na ra­ming is die wê­reld se toe­ris­me­be­dryf meer as 7 tril­joen A­me­ri­kaan­se dol­lar werd. Dis ’n 7 met 18 nul­le ag­ter­na. As ek dit in rand moes skryf, was die blad vol. Frank­ryk, die wê­reld se ge­wild­ste toe­ris­te­be­stem­ming, kry jaar­liks meer be­soe­kers (82 mil­joen) as wat daar in­wo­ners in die land is (67 mil­joen). Selfs in Suid-A­fri­ka is dit een van die groot­ste by­dra­ers tot ons e­ko­no­mie; 1 uit el­ke 23 men­se werk­saam in die for­me­le sek­tor werk in die toe­ris­me­be­dryf.

Daar’s niks fout daar­mee om lank te spaar en na ’n ek­so­tie­se be­stem­ming te reis nie. Dis die sout en die sui­ker wat ons by die le­we voeg om dit nog lek­ker­der te maak. Maar toe ons doe­nig raak met dié uit­ga­we, het ek op­nuut be­sef hoe min ons van ons eie ag­ter­plaas weet, en hoe lek­ker dit is om dit te ver­ken. In my ge­val praat ek spe­si­fiek van Kaappunt. Ek het ’n vae her­in­ne­ring hoe ek as tjok­ker­tjie saam met my ou­ers daar ge­draai het. Dit was só win­de­rig my pa het nooit eens sy Ni­kon FM uit­ge­haal om ’n kie­kie te neem nie… ’n bui­ten­ge­wo­ne ge­beur­te­nis op sig­self aan­ge­sien hy die res van ons fa­mi­lie­ge­skie­de­nis ge­trou op 35 mm-film ge­do­ku­men­teer het.

Kaappunt moes am­per 40 jaar wag om my weer te sien, al is die plek eint­lik net om die draai en kon ek hom die mees­te dae in die ver­te sien. Dis so goed jy word groot en woon in Nel­spruit en jy kui­er nie in die Kru­ger­wild­tuin nie! ’n Paar jaar ge­le­de het ek en my ge­sin die Kaap die Goeie Hoop-stap­roe­te ge­doen om die skan­de reg te stel. Dit bly steeds een van ons guns­te­ling­doen­din­ge nóg.

Se­dert­dien was ek ’n paar keer al te­rug, ook vir die sto­rie op bl. 50, want daar is so baie te sien en doen! Ja, jy hoef nie al­tyd oor Du­bai die wê­reld in te vlieg nie.

Bai­e­keer lê daai ek­so­tie­se be­stem­ming in jou eie ag­ter­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.