S­ter­re­weg

Weg! - - Inhoud - – Wil­lie Koorts

Die Ge­mi­ni­des is el­ke jaar een van die in­druk­wek­kend­ste ster­re­re­ëns: Dit kan tot 50 “ver­skie­ten­de ster­re” (dis eint­lik me­te­o­re) per uur le­wer. Van­jaar strek die Ge­mi­ni­des van 4 tot 16 De­sem­ber – goeie tyds­be­re­ke­ning aan­ge­sien die Maan nie te veel be­hoort te pla nie.

’n S­ter­re­re­ën kom voor wan­neer die Aar­de deur die rom­mel be­weeg wat ’n ko­meet in sy wen­tel­baan ag­ter­laat. Die me­te­o­re brand on­ska­de­lik in die at­mos­feer uit – so­wat 60 km bo die Aar­de se op­per­vlak. Van hier af lyk dit as­of al die ver­skie­ten­de ster­re op die­self­de plek in die nag­he­mel ont­staan, wat die stra­lings­punt ge­noem word (in En­gels: “ra­di­ant”). ’n S­ter­re­re­ën kry sy naam by die ster­re­beeld waar die stra­lings­punt ge­leë is: Ge­mi­ni­des kom van Ge­mi­ni (die T­wee­ling).

Die ge­mid­del­de aan­tal me­te­o­re wat ’n mens el­ke nag kan sien, styg ge­lei­de­lik van 4 De­sem­ber tot dit op 14 De­sem­ber ’n hoog­te­punt be­reik. Daar­na neem ak­ti­wi­teit skerp af. Die hel­der­heid van die me­te­o­re neem eg­ter die heel­tyd toe, selfs ná die hoog­te­punt. Daar­om is die bes­te tyd om te kyk van 13 tot 15 De­sem­ber. Kyk van 11 nm. tot 3 vm. lug­waarts in ’n noor­de­li­ke rig­ting om dit die bes­te te sien: Om­dat daar dan so min lig is, sien ’n mens goed, maar ons sit ook dan aan die “voor­kant” van die Aar­de soos dit deur die ruim­te be­weeg – ons ploeg as ’t wa­re deur die ruim­te­rom­mel! In dié tyd­gleuf is Ge­mi­ni (en dus die stra­lings­punt) mooi bo die ho­ri­son sig­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.