Veld­fei­te

Weg! - - Inhoud - – Al­bie Ven­ter >

Dit lyk dalk as­of die mees­te die­re in die al­ge­meen ’n lek­ker le­we het. Rooi­bok­kies staan die groot­ste deel van die dag op ’n vlak­te­tjie en kui­er ter­wyl leeus in die ska­du­wee dut...

Wat­wo, die­re werk hárd om te oor­leef. Dit verg e­ner­gie om ge­noeg te kry om te vreet en om nié ge­vreet te word nie. Die ge­mid­del­de her­bi­voor bring die groot­ste deel van die dag deur (en ge­bruik baie e­ner­gie) om ge­noeg kos te kry om hul­le te on­der­hou. Die plan­te wat hul­le vreet, is dik­wels laag in voe­ding­stow­we. ’n O­li­fant moet by­voor­beeld so­wat 350 kg gras, bla­re, bas en tak­kies per dag vreet!

Roof­die­re is vir kor­ter tye op ’n slag ak­tief, maar die jag­pro­ses verg ho­pe e­ner­gie. S­tu­dies wys dat jag­lui­perds en leeus, by­voor­beeld, vir lang tye rond­lê en niks doen (by­na soos jou kat by die huis!) – leeus slaap tot 20 uur per dag – om e­ner­gie te spaar vir jag­tog­te. Hul­le kan net vir ’n kort ruk­kie só vin­nig hard­loop voor­dat hul­le weer moet rus.

Dis ba­sies hoe­kom groot roof­die­re en -vo­ëls nie veel aan­dag gee aan te klein prooi­die­re nie. A­ren­de sal nie nood­wen­dig pro­beer om vin­kies te vang nie. ’n Vink en ’n ta­ren­taal verg ewe veel e­ner­gie om te vang. Die ver­skil lê in die be­lo­ning: Die ta­ren­taal is ’n be­hoor­li­ke maal­tyd ter­wyl die vink net ’n voor­ge­reg­gie is. Vir ’n klein valk is ’n vink wel die moei­te werd.

Daar­teen­oor moet prooi­die­re ook hard werk om on­be­speur­baar te bly en an­der ke­re moet hul­le laat spaan­der om van die ge­vaar af weg te kom.

’n Skil­pad se har­de dop is ’n goeie voor­beeld van be­sker­ming. Die pa­tro­ne ka­moe­fleer die skil­pad in sy om­ge­wing. En die dop is by­kans on­deur­dring­baar. ’n S­kil­pad­dop is been­ag­tig – dis ba­sies ’n aan­ge­pas­te rib­be­kas met ’n been­plaat bo-oor. Dit be­skerm ook vir S­kil­lie teen die e­le­men­te soos die bloe­di­ge Bos­veld­se son. Maar doen dié wa­pen­rus­ting al­tyd die ding? Ek het on­langs ge­sien hoe vang ’n jong ge­vlek­te hi­ë­na ’n jong berg­skil­pad in die Noor­de­li­ke Tu­li-wild­re­ser­vaat in Botswa­na. Dit het eers ge­lyk as­of die skil­pad se dop­pie ge­klink is, maar hoe lan­ger ek die pe­tal­je dop­ge­hou het, hoe meer kon ek sien dis nie die ge­val nie.

Die hi­ë­na het be­slis die dop be­ska­dig, maar dit het ge­lyk as­of dit net aan die ran­de is. Die kern van die skil­pad se lyf was steeds on­ge­deerd – en dit teen die sterk­ste ka­ke in die na­tuur! Die skil­pad het bly le­we en hi­ë­na se kind moes die af­tog blaas.

Die hi­ë­na het báie e­ner­gie ver­mors son­der e­ni­ge be­lo­ning. Ek twy­fel of hy weer ’n skil­pad sal pro­beer vreet. Hy het se­ker­lik dié les ge­leer: As iets te goed lyk om waar te wees, is dit waar­skyn­lik!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.