Vir jou dag­boek

Weg! - - Inhoud -

Kyk eers hoe die son sak met Ta­fel­berg in die ver­te, en dan hoe die vol­maan oor Klap­muts op­kom op een van die Delvera-wynplaas se ge­wil­de vol­maan­stap­pe.

Die roe­te is so­wat 10 km heen en weer, maar daar is ’n pen­del­diens, ver­al vir kin­ders, wat die roe­te dan tot net 5 km ver­kort.

Pak eet­goed en iets te drin­ke in of be­stel vooraf (min­stens twee dae voor jy s­tap) ’n piek­niek van die Dir­to­pia Café-spys­kaart af (va­n­af R80 p.p. vir by­voor­beeld: ’n toe­brood­jie, vrug, jel­lie­lek­kers en ys­tee). Dra stap­skoe­ne en bring iets warms vir wan­neer die son ge­sak het.

Die Dir­to­pia Café is tot 10 nm. oop as jul­le ná die s­tap iets wil eet of drink.

Wan­neer? 21 en 22 De­sem­ber, va­n­af 5 nm. af en nie la­ter as 7 nm. nie. Jy be­hoort rond­om 8.30 nm. te­rug te wees by die Trail Cen­t­re. Waar? Dir­to­pia Trail Cen­t­re, Delvera-plaas, op die R44 tus­sen Klap­muts en Stellenbosch. Kos­te R100 p.p.; R50 per kind jon­ger as 10. Dit sluit die pen­del­diens en ’n kaart in. Nog in­lig­ting en be­spre­kings 021 884 4752; dir­to­pia.co.za. Be­spre­kings is nood­saak­lik. Wat nog? Daar is ook ’n Ou­jaar­stap op 31 De­sem­ber va­n­af 4.30 nm. Kom kyk hoe die son 2018 groet. Dit kos R150 p.p. en R60 vir kin­ders jon­ger as 10 en jy kry ook ’n glas von­kel­wyn (of sap vir die klein­goed).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.