Leeus drink spoel­wa­ter

Weg! - - Vooraf Briewe - DIAN LOUW, K­lein­mond >

In Sep­tem­ber van­jaar het ons saam met vrien­de ge­toer na die K­gala­ga­di­oor­grens­park. Ons eer­ste kamp­plek was die M­pa­y­at­hut­l­wa-wil­der­nis­kamp in die Botswa­na-kant van die park.

Toe ons by ons kamp­plek aan­kom, het twee uit­ge­vre­te leeu­man­ne­tjies hul­le in die pad tuis­ge­maak so­wat 40 m daar­van­daan... net mooi tus­sen die kamp en die a­blu­sie­ge­rie­we!

Ons het ver­sig­tig om hul­le ge­ry en se­nu­wee­ag­tig kamp op­ge­slaan. Dit was dui­de­lik dat die leeus (ge­luk­kig) dik­ge­vreet was. Hul­le het kort-kort in ons rig­ting ge­kyk en dan weer neer­ge­plof.

Ná so­wat ’n uur het die twee ont­waak en in die bos­se ver­dwyn. My vrou het gaan stort. Die af­loop­wa­ter word op­ge­vang in ’n dam­me­tjie vir die die­re. Sy was pas te­rug toe ’n e­nor­me leeu­wy­fie uit die niet ver­skyn en haar stort­wa­ter op­slurp. Wat an­ders skuil nog in die om­tes!

No­de­loos om te sê was ons al­mal reeds voor 8 nm. daar­die aand styf toe­ge­rits in ons dak­ten­te.

Ek sit al­tyd ’n skot­tel­tjie wa­ter op die grond by ons dak­tent se leer­tjie om voe­te af te spoel voor ons in­kruip.

Laat­nag word ek wak­ker van ’n ge­slurp. ’n Leeu drink ons voe­te­wa­ter. Ek was te bang om te roer, wat nog ’n ka­me­ra soek! En toe die leeus en­ke­le me­ter van ons af uit vol­le bors brul, was slaap bui­te die kwes­sie. Die an­der kam­peer­ders was graf­stil. Nie ’n en­ke­le snork kon ge­hoor word nie.

Was ek bang? Ja! Maar bo­wen­al was ek ver­won­der. Wat ’n voor­reg om ’n ruim­te met dié mag­ti­ge die­re te kan deel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.