ROELENE MARX

Weg! - - Vooraf Briewe - ’n Jak­kals­vo­ël met prik­kel­ba­re­derm­sin­droom of die­re met ’n wit jas­sie? Stuur jou vrae ge­rus na [email protected]

van P­re­to­ria skryf: Ons het op hier­die ar­me rooi­bok­ram af­ge­kom na­by die Long­we-uit­kyk­punt by die En­gel­hard­dam in die Kru­ger. Het hy seer­ge­kry, of het hy kan­ker? Dit lyk on­ge­mak­lik – sal hy weer reg­kom of is hy leeu­kos?

Die na­tuur­le­we­ken­ner L.D. VAN ESSEN ant­woord: Ek het by twee vee­arts­vrien­de aan­ge­klop: Dit kan wees dat die draai­ing van die tes­tes die bloed­va­te af­ge­snoer het.

Die fo­to is te ver om met se­ker­heid te kan sê of die skro­tum pers lyk weens die af­snoe­ring en of dit bloot die nor­ma­le swart vel is wat sig­baar is weens die ver­lies van ha­re.

Dit kan ook 'n tes­ti­ku­lê­re ge­was wees, maar dis baie seld­saam. Dis ge­wel­dig pyn­lik en jy sou dit aan die dier se kon­di­sie en lig­gaams­hou­ding kon sien.

Die rooi­bok­ram lyk eint­lik heel ge­sond, ver­al as 'n mens in ag neem dat die fo­to in Sep­tem­ber ge­neem is – die ein­de van die win­ter.

Die bok wei; dus wil dit voor­kom of daar niks met sy eet­lus skort nie. Uit 'n mens se oog­punt lyk die toe­stand ui­ters on­ge­mak­lik, maar uit 'n dier s'n – dat oor­le­wing al­les is – dalk min­der so. In­dien die toe­stand sy ver­moë om roof­die­re te ont­wyk be­lem­mer, is sy dae ge­tel. In­dien nie, be­hoort hy nog heel­wat sons­on­der­gan­ge te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.