NU­WE STAP­ROE­TE IN DIE KOUGA-BERG­REEKS

Weg! - - Kortliks - – Su­zaan Hall >

Kom s­tap tus­sen aal­wy­ne, brood­bo­me en klip­sprin­gers en s­wem in die Ba­vi­aans­ri­vier op ’n nu­we drie dae lan­ge stap­roe­te op die plaas Wit­te­klip in die Kouga-streek.

Die An­tjie se pad-roe­te is na An­tjie S­tuur­man ge­noem. Sy het in die 1930’s ge­werk op dié plaas, wat so­wat 45 km van Ka­ree­douw ge­leë is en aan die Ba­vi­aans­kloof grens. An­tjie het el­ke dag so­wat 10 km oor Blou­berg ge­stap om by die Wit­te­klip­op­stal te gaan werk: S­tap­pers volg haar roe­te werk toe op die eer­ste dag.

Die or­ga­ni­seer­der, Her­man S­toff­berg, be­stuur ’n kon­fe­ren­sie­sen­trum op die plaas en sê hul­le wou dié mooi hoe­kie van die land graag aan meer men­se be­kend stel.

Hoe ver s­tap ek? 12,5 km op dag 1, 12 km op dag 2, 10 km op dag 3. Hoe fiks moet ek wees? Ma­ti­ge tot goeie fiks­heid is no­dig: Die roe­te klim re­de­lik op dag 1 en 2. S­tap­pers moet ook ou­er as 12 wees. Waar slaap ek? Die roe­te is in die vorm van ’n “8” uit­ge­lê en jy slaap al twee aan­de op die­self­de plek: ’n ba­sie­se stap­hut met bed­dens en ma­tras­se, ’n spoel­toi­let, koue stort, ke­tel, braai­roos­ter en hout – als an­ders moet jy in­pak! Ont­hou ’n kop­lig: Hier is g’n lig­te of krag nie.

Her­man-hul­le het ook ver­blyf in ’n ou skool­ge­bou vir die aand voor jul­le be­gin s­tap: Dit kos R800 p.n. vir 8 men­se. Kos­te R600 p.p. (as jy al­les self dra) of R1 000 p.p. (s­len­ter­stap – jou ba­ga­sie word vir jou aan­ge­ry tot by die hut.) Waar be­gin die roe­te? By die Wit­te­klip­kon­fe­ren­sie­sen­trum – jy los jou voer­tuig hier. Die af­draai na die plaas is so­wat 20 km oos van Ka­ree­douw op die R62. Van die af­draai af is dit 25 km grond­pad. Kry aan­wy­sings wan­neer jy be­spreek. Nog in­lig­ting en be­spre­kings 082 741 2733;

an­tjie­se­[email protected]

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.