WAT SÊ DIE MEN­SE?

Weg! - - Stap Wildekus -

Dian Wes­sels, gra­fie­se ont­wer­per, Stellenbosch “Dra min­stens twee wa­ter­bot­tels saam en maak vol wan­neer jy kan. Die spa­za­win­kels is dik­wels ver van me­kaar af. As jy nie self kos en hap­pies in­pak vir mid­dag­e­te nie, gaan dit nood­ge­dwon­ge be­staan uit Big­ga Naks, suig­stok­kies en an­der sui­ker­ver­sna­pe­rin­ge.”

Le Roux S­choe­man, vi­de­o­graaf, Kaap­stad “Die hoog­te­pun­te is ver­sprei langs die pad. Din­ge soos die hon­der­de klein krap­pies wat skar­rel op die don­ker mod­der­bank van die man­gliet­bo­me. Die ver­la­te swem­strand by Hlu­le­ka. ’n Lukra­ke stof­pa­dont­moe­ting teen ske­mer met ’n plaas­li­ke draw­wer wat vir sy so­veel­ste Com­ra­des oe­fen. Die ga­we woor­de ge­laat in ’n be­soe­kers­boek deur so­veel s­tap­pers voor ons, teen­oor die gas­he­re se kos en bly­plek.”

Lie­zel van Beek, en­tre­pre­neur, Stellenbosch “Iets wat ek uit die Transkei weg­neem, is dat ek waar­skyn­lik mak­li­ker sal leer om te­vre­de te wees as ek min­der het. Vol­gen­de keer sal ek ’n paar klein ge­sken­ke saam­dra om vir el­ke gas­fa­mi­lie te gee met die af­skeid. Iets funk­si­o­neels soos ’n bot­tel­oop­ma­ker of skep­le­pel.”

ON­DER­STEU­NING. Die span por­tie­re en ons gids: Ag­ter van links is Vi­we G­rif­fit­hs, Bon­ga­ni A­dams, Ni­cho­las N­da­ma­se. In die mid­del is Yon­ga­ma Man­je­zi en Frans Ma­go­li, en voor sit Siy­ta­hem­ba B­he­nya; Lu­ba­balo Gx­a­la met tuis­ge­maak­te vet­koek by Ts­ha­ni; Daar is baie ge­leent­heid vir lang en­te s­tap op die strand; Bring jou eie fil­ter­kof­fie saam vir ’n blaas­kans langs die pad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.