4 G­reen Lan­tern Inn

Weg! - - Reis N3-gids -

Op die Van Ree­nens­pas is jy mooi­tjies half­pad en let­ter­lik op die hoog­ste punt van die roe­te, 1 768 m bo see­vlak, om pre­sies te wees. Die pas self kan ver­ra­der­lik wees wan­neer dit mis­tig is of re­ën; lê dus maar ek­stra ge­duld aan die dag. In die spits­sei­soen ry na­ge­noeg 2 700 voer­tuie per dag oor die pas – te ver­sta­ne as ’n mens in ge­dag­te hou dat meer as 58 mil­joen ton vrag per jaar oor die roe­te ver­voer word.

Ho­kaai dus, rek die be­ne en rus ’n bie­tjie, want hier is ou­li­ke plek­ke om te ont­dek in die pos­kaart­klein dorp waar­van die pas sy naam ont­leen. Die in­gang na die dorp is ná die S­tar Stop Dra­kens­berg; draai links in by die eer­ste straat.

Die dorp is ge­noem na Frans van Ree­nen, ’n boer wat in die mid­del 1800’s ge­reeld met sy vee van sy plaas aan die on­der­kant van die berg boon­toe ge­trek het. In 1891 is die spoor­lyn vol­tooi en was die trein­sta­sie die mid­del­punt van al die be­dry­wig­he­de.

Die Van Ree­nen Ho­tel het sy deu­re ’n jaar la­ter oop­ge­maak en die tra­di­sie is be­gin om ’n groen lan­tern in mis­weer te laat brand so­dat rei­si­gers kon weet hul­le het die bo­punt van die pas be­reik. In 1948 is die ho­tel her­doop tot die G­reen Lan­tern Inn, wat van­dag nog be­staan.

Hier vier rus­tig­heid die bo­toon met ken­mer­ken­de plat­te­land­se gas­vry­heid en ho­pe plek vir kin­ders om te jol ( jou vier­been­kin­ders ook!). Wees op die uit­kyk uit vir Bo-Jang­les, die don­kie, wat soms ’n draai maak in The Half­way Nog­gin Pub.

Bel voor­uit om ’n ete te be­spreek (die spys­kaart is op die web­werf ).

Lus vir oor­slaap? Hier is self­sorg, so­wel as bed-en­ont­byt-op­sies. Dub­bel­ka­mer met ge­meen­skap­li­ke a­blu­sies: R410 p.n.; R500 met ont­byt. Self­sorg: R445 p.p.p.n.; bed-en-ont­byt: R490 p.p.p.n.

Waar? Wraggstraat 7 Oop Die kom­buis is oop van 7 vm.-8 nm. 058 671 0027; green­lan­tern.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.